‘die HERE sal Sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.’
– Die Here wil hê dat jy Sy seën en guns moet ondervind.
– HY wil Sy aangesig draai en met liefde na jou kyk.
– Hy het ook ‘n geskenk vir jou – Sy vrede.
– Sy vrede is moontlik in elke situasie en omstandigheid wat jy moet hanteer.
Gebed: Vader, dank U vir U welwillendheid, U goedheid, U guns en U liefde teenoor my. Ek vertrou op U, en ontvang alles wat ek in my situasie benodig tesame met U geskenk van vrede. Amen.