‘verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.’
– Hoop is ‘n belangrike komponent van ‘n gelukkige lewe.
– Hoop is wat jou soggens laat opstaan en jou vir die beste laat aanhou glo.
– Hou vas aan jou hoop en laat dit vir jou vreugde en vertroue gee.
– Wees terselfdertyd geduldig en moenie vergeet om te bid nie.
Gebed: Vader, dankie vir die hoop en vertroue wat ek in U het. My hoop kom van U af en daarom kan ek bly wees. Help my met die dinge wat ek in die gesig staar, en mag ek nooit vergeet om te bid en U aan te roep nie, want U sal my help. Amen.