‘Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.’
– Wat jy ook al vandag moet hanteer, moenie opgee nie en hou aan om God se wil te doen.
– Nou is die tyd vir ‘kleefbaarheid’ en geduldige uithouvermoë.
– Die Here het nie van jou en Sy beloftes aan jou, vergeet nie.
– Hy sal getrou wees terwyl jy aanhou om jou deel te doen en op Hom te vertrou.
Gebed: Vader, help my om my vertroue in U te toon deur geduldig en volhardend te wees terwyl ek U volg en aan U gehoorsaam is. Ek sien uit na die vervulling van alles wat U belowe het en ek sal aanhou om U wil te doen. Amen.