‘Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.’
– Om aan die Here te behoort, beteken dat daar iets in ons verander het.
– Wanneer ons paaie kruis, bring die Here nuwe lewe in ons lewens.
– HY wil nuwe lewe, nuwe hoop, nuwe vrede en nuwe vreugde in jou lewe bring.
– Los die oue en gryp die nuwe aan, wat God vir jou voorberei het.
Gebed: Vader, ek is verheug oor die wete dat U nuwe lewe in my lewe bring. Help my om die oue agter te laat en met vertroue alles te omhels wat U in my hart en my lewe doen. Amen.