Daily Bible Verse:              Psalm 100:5

‘For the LORD is good. His unfailing love continues forever, and His faithfulness continues to each generation.’

- You can count on the Lord’s goodness towards you.
- You can rely on His unfailing love every day of your life.
- You can have hope in His faithfulness that continues without end.
- You can rest in Your confidence in His character and love for you.

Prayer: Lord, my heart can rest secure in the knowledge of Your goodness, loving-kindness, and great faithfulness. I will trust and not be afraid, for You are all I need. Amen.


Daily Bible Verse: Psalm 100:5
‘For the LORD is good. His unfailing love continues forever, and His faithfulness continues to each generation.’


Daily Bible Verse: Psalm 7:10 (TPT)
‘God, your wrap-around presence is my protection and my defence. You bring victory to all who reach out for You.’

Notes - TUIS MET DIE HERE

TUIS MET DIE HERE

By: Andrew W Roebert

These notes may be shared with others.

  • TUIS MET DIE HERE

    2 Korinthiërs 5:8

    'Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.’

    1. OM TUIS TE WEEES
    - Dit is wonderlik om tuis te wees.
    - Wat beteken dit vir jou om tuis te wees?
    - Hoe beskryf jy die gevoel van ‘tuis wees’?
    - Hier is ‘n paar voorstelle:
    - 1. ‘n Gevoel van sekuriteit
    - 2. Die wete dat jy is waar jy hoort.
    - 3. Om te weet dat jy aanvaar word net soos jy is.
    - 4. Om te weet dat jy bemin word.
    - 5. Om te weet dat jy jouself kan wees.
    - 6. Om te weet dat jou oortredings vergewe is.
    - Dit is meer as net die plek waar jy groot geword het en meer as net die plek waar jy slaap.
    - Huise word gekoop en verkoop, maar ’n tuiste trek saam met jou.
    - Ek onthou jare gelede het TBN (Trinity Broadcasting Network) ‘n slagspreuk gehad  wat my aandag getrek het. Dit was 'COME HOME TO TBN'. Ek dink nog dat dit een van die beste konsepte was wat hulle ooit mee vorendag gekom het.
    - Ek onthou ook jare gelede my nasionale diens toe ek vir 6 maande ‘grens diens’ in noord Namibia gedoen het. Ek onthou my tuiskoms na 6 maande se diens hoe verheug ek was om weg te wees van die grens en ‘tuis’ met my familie en geliefdes te wees.
    - Ek het ontdek dat party vrouens huisvrouens is en ander is tuiste skeppers en daar is ‘n groot verskil.
    - Dit is ‘n buitengewone gevoel van kwaliteit en welstand.

    2. TUIS MET DIE HERE IN DIE LEWE
    - Ek glo dat ons ‘tuis’ met die Here gedurende ons aardse bestaan kan wees.
    - Ek glo dat ons die Here as ‘n lewende realiteit gedurende ons ‘lewende jare’, kan ken.
    - Dit word gesê dat ‘tuis is waar die hart is’.
    - Matthéüs 6:19-21 "Moenie vir julle skatte bymekaar maak  op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
    - Ons moet ons vervulling in Hom vind.
    - Die Bybel spreek van die feit dat die Here ons Goeie Herder is.
    - Wanneer ons Hom so ken, kan ons weet wat dit beteken om ‘tuis met die Here’ in hierdie lewe te wees.
    - Gedurende ons aardse bestaan het ons die voorreg en vreugde om God in ‘n sekere manier te ken.
    - 1 Korinthiërs 13:12 'Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”
    - Wanner ons vrede met God maak terwyl ons nie tenvolle verstaan of dinge begryp nie, maar Hom net vertrou vir wie Hy is, kan ons weet wat dit beteken om in hierdie lewe ‘tuis met God’ te wees.

    3. VIR EWIG TUIS MET DIE HERE
    - Die wonderlike belofte van die Christen geloof is die feit dat ons eendag vir ewig ‘tuis met die Here’ kan wees.
    - Ons moet onsself gedurig herinner dat ons ewige geestelike wesens is wat net tydelike op die aarde lewe.
    - Hierdie wêreld is nie ons tuiste nie.
    - Hebreërs 13:14 'Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.'
    - Alles omtrent die lewe is tydelik en alles omtrent die ewigheid is ewig.
    - Die Bybel vertel ons dat ons bywoners, uitlanders, vreemdelinge en besoekers is.
    - 1 Petrus 2:11 'Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel.’
    - 2 Korinthiërs 5:8 ''Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.”
    - Hierdie vers spreek van goeie moed hê.
    - Wanneer ons weg van hierdie aardse liggame is het ons die goeie moed dat ons tuis met die Here sal wees.
    - Dit is tuis in die waarste sin ooit.
    - Dit is waar ons werklik hoort.
    - Dit is waar die ewigheid nie lank genoeg sal wees om die buitengewone gevoel van kwaliteit en welstand te geniet nie.
    - O die vreugde om die ewigheid met die Here deur te bring!