Daily Bible Verse: Nahum 1:7
‘The LORD is good, a stronghold in the day of distress; He cares for those who trust in Him.’
- If ever the world was living in ‘days of distress’ it is now.
- But in difficult times, we have a Stronghold.
- A mighty Fortress is our God.
- He is our Tower of strength, and He will never fail or abandon us.
Prayer: Lord, thank You that You are my Stronghold, You are my Fortress, and You are my Tower of Strength. I choose to run to You, knowing that as I trust You, I can believe that Your care and kindness will be a reality in my life. Amen.
Daily Bible Verse: Nahum 1:7
‘The LORD is good, a stronghold in the day of distress; He cares for those who trust in Him.’
Daily Bible Verse: Psalm 145:9
‘The LORD is good to ALL; He has compassion on ALL He has made.’
Inleiding
- Het jy al ooit swak en mismoedig gevoel?
- Hierdie is algemene menslike emosies.
- Ons het almal van tyd tot tyd sulke emosies.
- Selfs die groot manne van die Bybel het sulke emosies gehad.
- Maar in hierdie situasies was God getrou.
- Ons kan op God vertrou.
- Maar He roep dat ons sterk moet wees.
1. ‘N VOORBEELD UIT DIE BYBEL
- In die boek van Josua sien ons so ‘n voorbeeld.
- Hier sien ons vir Josua, ‘n man deur God gekies.
- Hy het een van die grootste take in die geskiedenis gehad.
- Om die Joodse volk in die beloofde land in te neem.
- Maar hy was bang, mismoedig en vol twyfel.
- Soms is ons ook ‘n bietjie so.
- Maar God het die hele tyd vir Josua aangemoedig om sterk en moedig te wees.
2. HOE GOD VIR JOSUA AANGEMOEDIG HET
- i. God het Josua aangemoedig deur Sy teenwoordigheid.
- ii. God het Josua aangemoedig om Sterk en moedig te wees, deur Sy instruksies aan hom.
- God moedig Josua op 3 geleenthede op hierdie wyse aan.
- Josua 1:6 Wees sterk en vol moed.
- Josua 1:7 Wees net baie sterk en vol moed.
- Josua 1:9 Wees sterk en vol moed.
- Miskien wil God jou vandag ook op hierdie wyse aanmoedig.
3. MET GOD IS ONS STERK
- Wanneer God met ons is, kan ons sterk wees.
- As God nie met ons is nie het ons ‘n rede om swak te wees.
- God het vir Josua Sy teenwoordigheid belowe.
- Josua 1:5 ….; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.
- Ons kan weet dat God met ons is.
- Dit behoort ‘n bron van groot krag te wees.
4. WAT BETEKEN DIT OM STERK TE WEES?
- Dit is die vermoë om te weerstaan en vas te staan.
- Wat weerstaan?
- Vrees
- Mismoedigheid.
- Ontsteltenis
- Twyel
- EN staan vas.
- Wees standvastig
- Wees in ‘n plek van vertroue in God.
5. WAT BETEKEN DIT OM MOEDIG TE WEES?
- Die hoof aspek van moedig is om DAPPER en VREESLOOS te wees.
- Dit kan met woorde soos: Durf, Avontuurlistig (uit tree), Moedig en Dapper, vergelyk word.
- God wil hê dat ons heldhaftig moet wees.
- Josua 1:9 "…..: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan. "
- As Hy met ons is dan kan ons.
- Dit is die sleutel.
- Sy teenwoordigheid.
- Sonder dit is ons magteloos.
6. ONS WORD AANGEMOEDIG OM STERK EN MOEDIG TE WEES.
- Net soos wat God vir Josua aangemoedig het om sterk en moedig te wees so wil Hy dieselfde vir elkeen van ons doen.
- Josua 1:9 "…..: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan. " 1933 Vertaling
- Josua 1:9 "…..Wees sterk, wees vasberade.Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. "1983 Vertaling
- Vandag word ek en jy aangemoedig om sterk te wees nes Josua aangemoedig is om sterk te wees.
7. DIE AARD VAN VERSKRIK WEES
- Verskrik wees is iets wat mense kragtig beïnvloed.
- Josua 1:9 "…..: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
- Wat is hierdie verskrik wees?
- Verskrik wees is ‘n ander woord vir ontmoedig wees.
- Die woordeboek noem dit afgryslik of met afsku vervul.
- Dit is wanneer ons ontmoedig en vreesbevange raak.
- Dit word ‘n realiteit wanneer mense hoop verloor.
- Ons word aangemoedig om nie verskrik te wees nie.
8. GOD IS MET JOU.
- Dit is ‘n groot vreugde.
- Dat God met ons kan wees.
- Om hierdie rede hoef ons nie ontmoedig te word nie.
- Josua 1:9 die HERE jou God is met jou,
- Josua 1:5 Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.
- Om hierdie rede is ons sterk.
- Hierdie is die feit en hierdie is die fondasie.
- As gevolg hiervan kan ons sterk en moedig wees,
- Omdat ons vrees, ontmoediging, hopeloosheid en verskrikking kan teestaan.
- God is met ons.
- Wees sterk!