Daily Bible Verse: Psalm 100:5
‘For the LORD is good. His unfailing love continues forever, and His faithfulness continues to each generation.’
- You can count on the Lord’s goodness towards you.
- You can rely on His unfailing love every day of your life.
- You can have hope in His faithfulness that continues without end.
- You can rest in Your confidence in His character and love for you.
Prayer: Lord, my heart can rest secure in the knowledge of Your goodness, loving-kindness, and great faithfulness. I will trust and not be afraid, for You are all I need. Amen.
Daily Bible Verse: Psalm 100:5
‘For the LORD is good. His unfailing love continues forever, and His faithfulness continues to each generation.’
Daily Bible Verse: Psalm 7:10 (TPT)
‘God, your wrap-around presence is my protection and my defence. You bring victory to all who reach out for You.’
Inleiding
- Paastyd is ‘n spesiale tyd!
- ‘n Tyd wanneer ons vier, dit wat Jesus vir ons gedoen het.
- Ons onthou hoe Hy vir ons gesterf het.
- En ons onthou hoe Hy weer opgestaan het en die dood oorwin het.
- Ons onthou hoe Hy dit moontlik gemaak het dat ons sondes vergewe kan word.
- Ons onthou hoe die Allerheiligste Plek vir almal geopen is.
- Dit is ‘n spesiale tyd!
1. JESUS, DIE MESSIAS
- Jesus is die Messias!
- Generasies het vir Hom gewag.
- Die Verlosser, die Prins van Vrede.
- Pilatus het Jesus hieroor ondervra.
- Lukas 23:3 Toe vra Pilatus Hom en sê: “Is U die Koning van die Jode?” En Hy antwoord hom en sê: “U sê dit.”
- Jesus het dit self erken en die kwessie vir ewig opgelos.
- Om nooit weer oor gestry te word nie.
- Jesus se antwoord was JA.
- Hy is die Messias!
- Hy is die Verlosser!
- Hy is the Prins van Vrede, die magtige God wat ons almal nodig gehad het.
- Vandag kan Hy jou Messias wees.
2. KRUISIG HOM, KRUISIG HOM
- Dit was die geroep van die mense.
- Lukas 23:20-21 Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat; maar hulle het aangehou roep en sê : “Kruisig, kruisig Hom!”
- Vandag sal mense nogsteeds hierdie woorde in hulle harte uitroep.
- Kruisiging is hulle idee.
- Hierdie was ‘n vleeslike geroep.
- Mense verwerp Hom nog vandag.
- Moenie Jesus vandag verwerp nie!
- Nooi Hom in julle harte in.
3. JESUS WAS VEROORDEEL OM TE STERF
- Pilatus het Jesus ten dood veroordeel.
- Hy het gedoen wat die mense wou hê.
- Lukas 23:24 Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.
- Hulle het ‘n krimineel (Barràbbas) vrygelaat en Jesus tot die dood veroordeel.
- Jesus was die onskuldige een.
- Die onskuldige moes die prys vir die skuldiges betaal.
- Jesus was gewillig om dit te doen.
- Vir al die generasies.
- Dit was vir my en vir jou.
4. INSTAAT OM TE VERGEWE
- Jesus was instaat om te vergewe.
- Tenmidde van al die lyding en ongeregtigheid kon Hy vergewe.
- Hy kon want hy het geen sonde geken nie.
- Lukas 23:34 En Jesus sê: "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie."
- Jesus het nie reageer nie.
- Hy het nie terug geveg nie.
- Jesus het Homself oorgegee aan Hom wat regverdig oordeel
- Hy het die oordeel aan God oorgelaat.
- Hy het nie na wraak gesoek nie.
- Hy het nie ‘n verskoning geëis nie.
- Hy het net vergewe.
- Daar was nog nooit ooit so ‘n liefde nie.
5. HULLE HET HOM GEKRUISIG
- Hulle het deurgedruk daarmee!
- Die gekruisigde Jesus, die Messias!
- Lukas 23:33 En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, …
- Binne ‘n oomblik was die professie vervul.
- Verbeel jou die pyn en die lyding.
- Hierdie is ‘n uitgerekte dood.
- Nie ‘n ‘barmhartige’ vinnige dood nie.
- Maar ‘n uitgerekte lyding.
- HULLE HET HOM GEKRUISIG!
6. DIE VOORHANGSEL VAN DIE TEMPEL HET GESKEUR
- Lukas 23:44-45 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe; en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.
- Hierdie was ‘n noemenswaardige gebeurtenis.
- Die voorhangsel het die Allerheiligse Plek van die tempel geskei.
- Slegs die hoëpriester mag, een keer ‘n jaar, tot binne die teenwoordigheid van God ingegaan het.
- In hierdie oomblik is die Allerheiligste Plek vir almal oopgemaak.
- Ons kon toegang tot die teenwoordigheid van God verkry.
- Toegang tot God is vir ewig vir ons beskikbaar gestel.
7. JESUS HET GESTERF
- Die geskiedenis se draaipunt.
- Toe Jesus gesterf het.
- Lukas 23:46 En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: “Vader in u hande gee Ek my gees oor!” En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
- In hierdie tyd het God Sy rug op Jesus gedraai!
- Terwyl Hy die sonde van die wêreld op Sy Seun geplaas het.
- Jesus het vir jou en vir my gesterf.
- Hy is die draaipunt van ons lewens.
8. HY IS NIE DAAR NIE
- Lukas 24:1-3 En baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle …. By die graf gekom en die speserye gebring … En hulle het die steen van die graf afgerol gevind. En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
- Toe Jesus gesterf het, het selfs Sy dissipels en vriende hoop verloor.
- Hulle het Sy liggaam in die graf gaan soek.
- Daar is baie moeite gedoen om te verseker dat sy graf sekuur was.
- Die graf was verseel.
- Wagte was aan diens geplaas om die graf te bewaak.
- Maar teen die tyd wat die dissipels daar gekom het, was Hy weg.
9. HY LEWE
- Lukas 24:6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan.
- Hy lewe!
- Wat ‘n verhaal!
- Lewendig om nooit weer te sterf nie.
- Hy het die pad vir ons gebaan om Hom te ken en die ewige lewe te mag hê
- God se geskenk aan ons was Jesus.
- Vandag is Jesus nogsteeds God se geskenk aan elkeen van ons.
- Het jy hierdie geskenk aanvaart?
- Indien wel kom ons vier dit vandag.
- Indien nie, hoekom nie?