Daily Bible Verse:              Isaiah 50:10

‘If you are walking in darkness, without a ray of light, trust in the LORD and rely on your God.’

- No matter how much darkness we face, we have One on Whom we can rely.
- Even if it seems like there is no ray of hope, we can trust Him, for He is with us.
- When the way forward seems uncertain, and we do not know what to do, He is there.
- Trust in the Lord, and rely on your God.

Prayer: Lord, as I walk through life, it is great to know that You are always watching over me. No amount of darkness can extinguish the ray of hope and confidence that I have in You. I will trust in You and I will not be afraid. Amen.


Daily Bible Verse: Isaiah 50:10
‘If you are walking in darkness, without a ray of light, trust in the LORD and rely on your God.’


Daily Bible Verse: Isaiah 50:7
‘Because the Sovereign LORD helps me, I will not be disgraced. Therefore, I have set my face like a stone, determined to do His will. And I know that I will not be put to shame.’

Notes - LESSE UIT ‘N GROOT LIEFDESVERHAAL

LESSE UIT ‘N GROOT LIEFDESVERHAAL

By: Andrew W Roebert

These notes may be shared with others.

  • LESSE UIT ‘N GROOT LIEFDESVERHAAL

    LESSE UIT ‘N GROOT LIEFDESVERHAAL

    Genesis 29:14-30
     
    Inleiding: 

    • Jakob het op Ragel verlief geraak. 
    • Ragel was in elke opsig ‘n pragtige jongvrou en Jakob het haar lief gehad.
    • Hy het aanvaar om vir 7 jaar te werk om haar as vrou te kon verdien. 
    • Hierdie sewe jare het gou verby gegaan omdat hy so verlief was.
    • Die nag toe hy sou trou het sy skoonvader, Laban, hom bedrieg en Lea, Ragel se suster, vir hom gegee in plek van Ragel. Lea het pragtige oë gehad. 
    • Hy was verpletter. 
    • Hy het ingestem om vir ‘n verdere sewe jaar te werk om Ragel, die een wat hy lief gehad het, te bekom
    • Na ‘n verdere sewe jaar het hy uiteindelik gesien hoe sy drome waar word en kon hy met Ragel, die meisie van sy drome trou. 
    • Lea kon kinders baar en sy het baie kinders gehad.
    • Rachel kon nie kinders baar nie, maar uiteindelik het God haar geseën en sy het twee kinders gehad, Josef en Benjamin. 
    • Ragel is gedurende Benamin se geboorte oorlede. 
    • God het hierdie familie gebruik en uit hulle nageslag sou Jesus gebore word. 
    • Deur hierdie kompliseerde familie het God die hele wêreld geseën en Jesus is uit die nageslag van een van die seuns, Juda, gebore en deur Jesus Christus het verlossing vir almal beskikbaar geword.

    LESSE UIT HIERDIE GROOT LIEFDESVERHAAL: 

    1. ALLE GOEIE DINGE IS DIE WAG EN DIE MOEITE WERD
    • Ons leef in ‘n wêreld waar almal onmiddelik bevredig wil word.
    • Ons wil dinge nou hê, ons wil nie wag nie.
    • Ons leef in ‘n wêreld waar mense ongeduldig is.
    • As dit nie werk nie, los ons dit en probeer iets anders.
    • Maar die waarheid is dat alle goeie dinge geduld en harde werk vereis.
    • Ons word amper sukses gewaarborg as ons lank genoeg in enige situasie geduld en harde werk beoefen.
    • Ons hou te gou op, ons gooi te gou die handdoek in.
    • Alles wat werklik in die lewe iets werd is vereis geduld en harde werk.
    • Dit het betrekking op ons beroepe, maar ook op ons verhoudings veral op ons huwelike.
    • Jakob het 14 jaar gewerk om met die vrou van sy drome te kan trou.
    • Dit was die wag werd omdat hy haar lief gehad het.
    • Sy drome is bewaarheid en hy het die vrugte van sy geduld en harde werk gesien.

    1. JY SAL OES WAT JY GESAAI HET, SO SAAI JOU BESTE!
    • In ‘n vreemde draai van die noodlot het Jakob ge-oes wat hy gesaai het.
    • Die beginsel van saai en oes is een van die vaste beginsels in God se woord en in die lewe. Die wiel draai en ons oes wat ons gesaai het.
    • Jare voor hierdie liefdesverhaal het Jakob sy eie vader bedrieg en sy broer se erfenis deur bedrog verkry.
    • Nou jare later was hy bedrieg en het nie gekry wat hom toegekom het nie.
    • As daar enigiets is at ek oor en oor in mense se lewens sien gebeur het dan is dit dat wat jy saai sal jy maai.
    • Saai dus jou beste.
    • Ons wil almal ‘n goeie oes insamel en suksesvol wees, of dit nou in ons huwelike of enige ander aspek van ons lewens is.
    • Een van die lesse wat ons kan leer is om aan ander te doen soos wat ons wil hê dat hulle aan ons moet doen – dit is die goue reël.
    • Kom ons saai goed, sodat ons ‘n goeie en wonderlike oes kan maai.

    1. NIE ALLES GEBEUR VOLGENS PLAN NIE.
    • Ons dink soms dat alles volgens ons plan sal gebeur.
    • Ons het dikwels alreeds ‘n prentjie in ons gedagtes van hoe alles sal uitwerk.
    • Ek het al agtergekom dat in mees gevalle dinge nie volgens plan gebeur nie.
    • Jakob het Ragel lief gehad en het 14 jaar vir haar gewerk en nogans kon sy nie kinders baar nie. Lea aan die ander kant, die een wat hy nie werklik lief gehad het nie, kon en het vir Jakob baie kinders gegee.
    • ‘Hoekom’ is die vraag wat ons wil vra wanneer dinge nie volgens ons planne wil verloop nie.
    • Vanuit ons perspektief maak dit nie sin nie en dan raak ons gefrustreerd en selfs toornig.
    • Die beste advies wat ek jou kan gee is om een dag op ‘n slag te lewe en om die beste te maak van wat daardie dag jou bied.
    • God sal dinge uiteindelik uitwerk.

    1. DIE GOEIE DINGE EN DIE SLEGTE DINGE IS ALLES DEEL VAN DIE LEWE.
    • Die lewe bestaan nie net uit goeie dinge nie.
    • Alles verloop nie net glad nie.
    • Maar God bly goed en God bly getrou.
    • Die goeie en die slegte is alles deel van die ryk fabrikaat van die lewe.
    • Uiteindelik is ons nie in beheer nie, God is in beheer en Hy sien dinge uit ‘n ander en meer ewige perspektief, dus moet ons elke seisoen aanvaar.
    • Ragel sterf ‘n tragiese dood gedurende kindergeboorte, maar nie voordat ‘n wonderwerk plaasvind en sy geboorte skenk aan twee seuns nie.
    • Josef, wat voortgegaan het om die nasie te red, deur ‘n eienaardige kronkel in goed en sleg wat hom in ‘n kragtige posisie opgeëindig het in die wêreld van daardie tyd en sy nasie gered het.

     

    1. AS ONS OP GOD VERTROU, SAL HY IETS MOOIS OP DIE REGTE TYD VOORTBRING.
    • Die eindresultaat van hierdie liefdesverhaal is die beste verhaal ooit.
    • Uit die nageslag van hierdie familie is Jesus Christus, die Verlosser van die wêreld gebore.
    • As ons geduldig sal wees en hard sal werk…..
    • As ons goed sal saai…..
    • As ons in Sy plan sal rus en nie ontmoedig sal word as ons eie planne nie uitwerk soos wat ons beplan het nie……..
    • As ons vertrou dat Hy die allerbeste plan het en dat Hy die goeie en die slegte alles gebruik en dit vir ons ten goede laat meewerk…..
    • Dan sal ons Sy hand in ons lewens sien.
    • Ons sal Sy planne en doele sien seëvier en ons sal inpas in Sy uiteindelike plan, wat altyd die beste ding is waarvoor ons ooit kon hoop.
    • In Sy volmaakte tyd sal Hy iets wonderlik mooi voortbring.
    • Kom ons doen hierdie dinge en plaas ons hand in Sy hand sodat Hy ons kan lei elke tree van die pad.
    • As Jakob vandag kon terug kyk, is ek seker dat Hy verbaas sou wees oor wat God gedoen het.
    • Ons kan ook dieselfde verwag. Want God het belowe om ons nooit te verlaat of te versaak nie en Hy het belowe om dinge te laat uitwerk.
    • Filippense 1:6 'omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus.’

     

    Deur: Andrew W Roebert

    Hierdie notas mag met ander gedeel word.