Daily Bible Verse:              Matthew 10:27

‘What I tell you in the dark, speak in the daylight; what is whispered in your ear, proclaim from the roofs.’

- The Lord can use the dark and difficult seasons of life, to speak to us.
- Our experiences, and what He has taught us, can be a blessing to others.
- When we pass through the valley and the shadows, He has something to tell us.
- But there comes a time when we step into the daylight, and proclaim His faithfulness.

Prayer: Lord, I recognise that You want to use every season of my life to speak to me. May my ears be open and attentive, regardless of the season, so that when the right time comes, I will be willing to speak and proclaim Your goodness. Amen.


Daily Bible Verse: Matthew 10:27
‘What I tell you in the dark, speak in the daylight; what is whispered in your ear, proclaim from the roofs.’


Daily Bible Verse: Matthew 9:22
He said to her, ‘Be of good courage, daughter; your faith has made you whole.’ And from that hour the woman was healed.

Notes - HY SAL JOU VERSTERK

HY SAL JOU VERSTERK

By: Andrew W Roebert

These notes may be shared with others.

  • HY SAL JOU VERSTERK

    Notas: HY SAL JOU VERSTERK

    Skriflesing: Psalm 59:1-18

    Inleiding:

    - Hierdie Psalm is deur Dawid geskryf.
    - Dit is op 'n moeilike tyd in sy lewe geskryf .
    - Saul, sy aartsvyand, het mans gestuur om hom dood te maak.
    - Die moorddadige bedoeling van koning Saul teen Dawid was openlik onthul.
    - Hierdie manne het Dawid dag en nag dopgehou.
    - Hulle het sy huis dopgehou en gesoek na 'n geleentheid om in te tree en hom dood te maak.
    - In al hierdie dinge leer Dawid ons deur sy voorbeeld, dat ons kan weet dat die Here sal onderneem, ons kan op Hom vertrou en ons kan die krag van die Here in ons lewens en situasies ken.
    - In jou privaat wêreld mag dinge uitdagend lyk, maar die Here sal jou kom versterk.
    - Dinge mag in jou land uitdagend lyk, maar die Here sal jou kom versterk.
    - Dinge mag in die wêreld uitdagend voorkom, maar die Here sal jou kom versterk.

    1. ONS HET ALMAL DIE KRAG VAN DIE HERE NODIG

    - Elkeen van ons het die krag wat van God af kom, nodig.
    - Ons was nie geskep om dit (die lewe) in ons eie krag te doen nie.
    - Daar is tye wanneer ons swak is, daar is tye wanneer ons desperaat, onder druk en moedeloos voel.
    - Daar is niks uniek tenopsigte van hierdie toestand nie; dit is algemeen aan die hele mensdom.
    - Ek onthou dat ek jare gelede met iemand gepraat het wie deur baie uitdagings gegaan het. Ek het haar gevra: ‘Hoe hanteer jy alles?” Sy het skerp geantwoord: 'Moenie oor my bekommerd wees nie, ek het breë skouers!’
    - Om 'breë skouers' te hê, kan nuttig wees, maar op die einde van die dag kan dit ons afmat en ons swak maak.
    - Ons het Sy hulp en Sy krag in ons daaglikse lewens so nodig.
    - Soms het ons bloot 'Goddelike ingryping' nodig.
    - Ek weet dat ek die krag wat God ons bied, nodig het , en ek is seker dat dieselfde ook geld vir jou.

    2. DIE KRAG VAN DIE HERE STAM UIT ONS VERHOUDING MET HOM.

    - Soos wat ons, ons verhouding met die Here ontwikkel, sal Sy krag outomatiese in ons lewens in vloei.
    - In Psalm 59 sien ons hoe Dawid 'n verhouding met die Here gehad het.
    - Dit was 'n verhouding wat lewendig en eg was.
    - Die Here was vir Dawid 'n lewende werklikheid en Dawid het die Here vertrou vir ingryping, hulp en krag.
    - Dawid roep tot God in die vorm van 'n gebed en vra die Here om bevryding en verdediging in 'n situasie waar hy 'n vyand van die staat en 'n gejagte man was.
    - Maar tussen sy gebede deur ontdek ons ’n diep verhouding met die Here. In vers 1 praat Dawid van die Here as 'MY GOD'! In die proses verklaar hy sy hegte en persoonlike verhouding met God.
                - Hy praat van MY God. Nie DIE Here of ONS God nie, maar MY God.
    - In vers 10 en vers 18 noem hy God sy rotsvesting: 'Want God, is MY rotsvesting'.
                - 'n Vesting is 'n plek van veiligheid en sekuriteit en Dawid het sy God op hierdie      veilige manier geken.
    - In vers 11 en vers 18 praat hy van die Here as die Een wat hom genade toon: 'My genadige God'.
    - Dit wil voorkom asof hy die liefde van God teenoor hom kan voel en besef.
    - Hy praat uit 'n sagtheid van hart oor God se liefde en toewyding aan hom.
    - In vers 10 en vers 18 praat hy van die Here as sy sterkte: 'My sterkte, ... '
    - Dit klink amper na 'n sug van verligting om God as sy krag te ken.
    - Hoor dit net: 'My sterkte op U wil ek wag.'
    - Hy het die Here geken as die Een wat sy krag was en die Een van wie alle krag voortvloei.
    - Miskien het hy geleer om in totale en desperate afhanklikheid op die Here te leef
    - Hierdie dinge het uit sy verhouding met die Here gevloei.
    - Ons kan dieselfde dinge uit ons verhouding met die Here ken.

    3. VERTEL DIE HERE VAN JOU BEHOEFTES
    - Dawid het nie gehuiwer om sy behoefte aan die Here uit te spreek nie.
    - Feit is hy was baie grafies oor wat hy in die gesig gestaar het.
    - Hy het dit nie probeer afwater of om sy uitdagings gering te skat nie.
    - Hy het gepraat van 'werkers van ongeregtigheid' en 'manne van bloed' wat hom vervloek en leuens oor hom vertel.
    - Hy het gepraat van 'hulle huil soos honde en dwaal deur die stad' en 'hulle smaal met hulle monde' en 'swerwe rond om voedsel te soek.'
    - Hy was bewus van wat teen hom gestaan het en het nie gehuiwer om dit grafies en beskrywend onder die Here se aandag te bring nie.
    - Dit herinner ons daaraan dat ons ook 'n vyand het wat ons wil vernietig.
    - 1 Petrus 5:8 'Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.’
    - Op dieselfde manier kan ons, ons probleme en uitdagings na die Here bring, en ons kan die waarheid van dinge in die gesig staar en vir God sê hoe ons dinge sien en ervaar.
    - Moenie huiwer om die Here van jou behoeftes te vertel nie.
    - Hy is besorg oor die drama waarmee jy te kampe het.
    - Tree op, spreek dit uit en kry dit van jou bors af - die Here is daar vir jou!

    4. WAG TENMIDDE VAN DIE STORM

    - In die middelste gedeelte van Psalm 59 vind ons 'n sleutel tot sukses, ongeag die oormag waarteen ons moet stry.
    - Psalm 59:10 'My Sterkte, op U wil ek wag,
    - Daar is 'n verband tussen die wag en die ontvang van krag vanaf die Here.
    - Ons natuurlike menslike neiging is om uit te storm en die kwessie of uitdaging aan te pak.
    - Ons reageer dikwels dadelik as die storms van die lewe aanbreek.
    - Ek wonder hoeveel geleenthede verlore gegaan het; ek wonder hoeveel deure toegegaan het as gevolg van ons reaksies in situasies en as gevolg van situasies.
    - Dawid staan voor die moontlikheid van die dood en nogtaans kies hy om nie te reageer of wraak te neem nie, hy kies eerder om te waak en te wag.
    - Dawid ken die probleem; hy het dit onder die aandag van die Here gebring en nou wag hy.
    - Dawid is nie seker van die uitslag nie, maar hy waak en wag op God met verwagting en afwagting.
    - Daar is tye wat ons nie weet wat gaan gebeur nie, maar in daardie oomblikke, moet ons met geloof waak en wag totdat ons sien wat God besig is om te doen of gaan doen.
    - Dit is in die wag, die pouse, die waaksaamheid, dat ons krag van Hom kan ontvang. (en ek durf sê: wysheid).
    - Keer die drang om te reageer en driftig uiting te gee, waak en wag, Sy krag sal joune wees.

    5. HY IS JOU KRAG

    - Soms wanneer ons hierdie aspek van God se sterkte in ag neem, sien ons dit soos 'n neweproduk van sy karakter wat Hy aan ons gee.
    - Maar die waarheid is dat HY ons krag is.
    - Ons ontvang Hom, en in die proses ook Sy krag.
    - Moenie net Sy krag ontvang nie, maar maak HOM jou krag.
    - Eien Hom toe as jou krag.
    - Neem Hom, die Here, as jou krag.
    - Gryp Hom aan, gryp die Here aan, en krag sal joune wees.
    - Ek het probeer om die Here my krag te maak. Onlangs het ek ontdek dat die Here my ondersteun het, selfs toe ek nie eens geweet het dat daar 'n probleem was nie. Ons was onlangs met vakansie. Ons het 'n klein hondjie wat vir ons baie spesiaal is. Alhoewel die hond eintlik aan my dogter behoort, het sy aan ons geheg geraak tydens die siekte en heengaan van my oorlede vrou. Gedurende die tyd wat sy met swak gesondheid gesukkel het, was hierdie klein hondjie haar konstante metgesel en ons dink dat hierdie dier blykbaar geweet het dat my vrou siek was en vir haar 'n metgesel sou wees in haar lyding. My vrou het 'n opdrag gelaat: 'Sorg asseblief vir die hond!'
    - Die hond se naam is Cupcake. Toe ons weg gegaan het, het ons die hond vir vriende gegee om na om te sien. Hierdie vriende woon in 'n gevaarlike en besige straat. Gedurende die vakansiedae, op Oujaarsaand, het die hond bang geword weens al die vuurwerke en het sy weg oop gekou en ontsnap. Niemand het eers geweet dat die hond weg was nie. Omstreeks 01:00 het iemand my gebel. Maar my telefoon was al reeds vir die nag gedemp. Sy het 'n stemboodskap gelaat. Toe ek in die middel van die nag na die telefoon kyk, het ek die stemboodskap gehoor: 'Hallo, my naam is Zanri. Ek het Cupcake. Ek het huistoe gery toe ek hierdie hond wild sien rondhardloop het. Sy het uit plek gelyk toe laai ek haar op. Sy is veilig by my. Jy kan haar in die oggend kom haal! '
    - Wie hou in die middel van die nag stil om 'n hond wat rondhardloop, op te tel ? Wie sal die verantwoordelikheid neem om hierdie dier te versorg en sy eienaars te skakel?
    - Wie bied aan om die hond te versorg en tref dan reëlings dat ons dit kan afhaal?
    - God, my sterkte, het al voorsien in iets wat ek nie eers geweet het gebeur het nie.
    - Die hond kon verlore gegaan het, gesteel of omgery gewees het, maar nee, alles was voor gesorg.
    - Nou kan ek net God prys en dank vir wat Hy gedoen het, en ek het niks daarmee te doen gehad nie.

    6. KRAG EN LOF

    - Ons harte moet op God ons krag, wag,
    - Dan kan God ons krag wees.
    - Wanneer ons dan besef dat Hy ons krag is, kan ons, ons verheug.
    - Dan kan ons vanweë sy krag in lof uitbreek.
    - Psalm 59:18 'My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing!' In die vorige vers, Psalm 59:17 sê dit: 'Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid.’
    - Te midde van gevaar en moeilikheid, kon Dawid sing.
    - Dit verg Goddelike Krag om te kan sing in die aangesig van gevaar, moeilikheid en afhangende ondergang.
    - Toe Koning Saul sluipmoordenaars na Dawid se huis toe gestuur het, het hy openlik begeer om Dawid dood te maak. Van toe af het Dawid vir die volgende jare (miskien 10 tot 15 jaar) as 'n vlugteling geleef, voortdurend in lewensgevaar. Dit is interessant dat Dawid daardie periode binnegegaan het met lofliedere en steeds aan die einde van daardie periode sy hart vir God met liedere kon uitstort. (2 Samuel 1: 17-27).
    - Jy sien, Dawid was vol vertroue dat hy die nag sou oorleef met die Here as sy sterkte en sou lewe om die verhaal van God se getrouheid en liefde soggens te vertel.
    - Dit het hy dag vir dag gedoen, totdat hy baie jare later oorwin het, die geveg was verby en hy het koning geword.


    So:

    1. Maak die Here jou krag
    2. Waak en wag vir die Here in jou situasie. Moenie instorm waar engele versigtig is nie.
    3. Plaas God en sy krag tussen jou en die dinge wat jou wil vernietig.
    4. Loof en prys Hom en skuif die fokus van jou dinge oor na Hom en Sy krag.
    5. Wees gereed om verheug te wees en om die verhaal van hoe getrou God aan jou was, te vertel!


    Deur: Andrew W Roebert
    Hierdie notas mag met ander gedeel word.