Daily Bible Verse:              Isaiah 50:10

‘If you are walking in darkness, without a ray of light, trust in the LORD and rely on your God.’

- No matter how much darkness we face, we have One on Whom we can rely.
- Even if it seems like there is no ray of hope, we can trust Him, for He is with us.
- When the way forward seems uncertain, and we do not know what to do, He is there.
- Trust in the Lord, and rely on your God.

Prayer: Lord, as I walk through life, it is great to know that You are always watching over me. No amount of darkness can extinguish the ray of hope and confidence that I have in You. I will trust in You and I will not be afraid. Amen.


Daily Bible Verse: Isaiah 50:10
‘If you are walking in darkness, without a ray of light, trust in the LORD and rely on your God.’


Daily Bible Verse: Isaiah 50:7
‘Because the Sovereign LORD helps me, I will not be disgraced. Therefore, I have set my face like a stone, determined to do His will. And I know that I will not be put to shame.’

Notes - DIE GAWES WAT GOD ONS SKENK

DIE GAWES WAT GOD ONS SKENK

By: Andrew W Roebert

These notes may be shared with others.

  • DIE GAWES WAT GOD ONS SKENK

    DIE GAWES WAT GOD ONS SKENK!

    Jakobus 1:17  “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”

    1. GOD HET GOEIE GAWES VIR ONS VOORBEREI
    - God is ‘n goeie God.
    - Hy het goeie goed vir ons voorberei.
    - Die Bybel spreek van ‘gifte’/’gawes’ wat Hy vir ons het.
    - ‘n Gawe of ‘n geskenk is iets wat vrywilliglik van een persoon aan ‘n ander oorgedra word sonder enige vergoeding.
    - ‘n Geskenk is ‘n teken van albei liefde en waardering.
    - Vertaal uit Grieks sou dit so lees: Elke soort geskenk wat goed is, en elke een wat in sy soort perfek is.
    - God is die bron van goeie gawes.
    - Hy is ook die bron van elke gawe/geskenk wat in sy soort perfek is – vir my beteken dit ‘presies wat ons nodig gehad het’.
    - So die gawes wat God ons gee is goed en hulle is presies wat ons nodig het.
    - Hierdie gawes kom van God – “daal van bo af neer, van die Vader van die ligte”!
    - Van dieselfde een wat die sterre geskep het, ontvang ons gawes.
    - Die is nie onbeduidend nie dit is eintlik fenomenaal.

    2. LEWE IS ‘N GOEIE GAWE VAN GOD
    - Die gawe van lewe is een van die grootste geskenke wat God ons gee.
    - Ons behoort hierdie groot geskenk elke dag te vier en te geniet.
    - Ons aardse lewe is net tydelik.
    -Om die waarheid te sê dit is kort en vlugtig.
    - So elke dag, elke oomblik moet gevier word.
    - Ons behoort die lewe te vier en geniet maak nie saak in watter seisoen ons op die oomblik verkeer nie.
    - Daar is genot te vinde in die somer seisoen maar daar is ook genot te vinde in die winter seisoene van die lewe.
    - Joh 10:10 “Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
    - Jou lewe is ‘n gawe van God.
    -Dit sal nie vir ewig hier op aarde duur nie.
    - So gebruik dit verstandiglik en maak soveel van die geskenk wat God jou gegee het, as wat jy kan.
    - Moenie jou kosbare tyd mors met bitterheid, toorn, wrewel en onvergewensgesindheid nie.
    - Gebruik die geleentheid wat jou geskenk is.
    - Trek voordeel uit die dag terwyl dit nog dag is.Take advantage of the day while it is still day.
    - Adem die lewe in en kry die meeste nut uit elke dag.
    - Dankie God vir hierdie groot gawe.

    3. ONS IS GAWES VIR MEKAAR
    - Terwyk ek groot geword het, het my vader altyd vir my gesê dat die lewe gaan oor verhoudings.  Ek het altyd gedink hierdie was net ‘n verskoning vir die dinge wat hy nie kon bekostig om vir my te gee nie. Maar soos wat ek ouer geword het, het ek ontdek dat dit ‘n feit is die lewe gaan oor verhoudings.
    - Feit bly staan dat ons geskenke is wat God vir mekaar gegee het.
    - Ek het ontdek dat elke persoon wat in my lewe in gekom het, is deur God gebruik op een of ander wyse. Ja, selfs die wat my geïrriteer het.
    - Dink net aan al die verskillende mense in jou lewe: jou vader en moeder, jou broers en susters, jou eggenoot/note, jou vriende, jou kollegas en jou kennisse.
    - Hulle is geskenke aan jou met al hulle dinge en uitdagings.
    - Maar jy is ook ‘n geskenk aan almal om jou.
    - Wees ‘n seën vir almal om jou.
    - Wees iemand wat ander ondersteun en nie iemand wat alyd op ander leun nie.
    - Moedig ander aan en wees hulpvaardig waar jy ookal kan.
    - Die Bybel sê dat ons soos sout en lig moet wees, en dat ons ‘n verskil moet maak waar ons ookal gaan.

    4. ONS KAN OP GOD VERTROU OM ALTYD GETROU TE WEES
    - Jakobus 1:17  “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”
    - God verander nie soos ‘n bewegende skaduwee nie.
    - Hy is betroubaar en totaal getrou.
    -‘n Skaduwee is iets wat die hele tyd bly verander. Dit is nooit dieselfde nie, dit beweeg die hele tyd.
    - Dit is ‘n skets van iets waarop mens nie kan vertrou nie.
    - Maar God is die grootste geskenk wat ons ooit ontvang het.
    - Jesaja 9:5  “Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee;”
    - Van al die gawes wat God ons gee is die grootste die gawe van Homself.
    - Hoekom sou jy jou lewe, ‘n gawe van God, wil lei sonder die een wat dit vir jou gegee het?
    - Die gewer van die gawes is die ware gawe aan jou en aan my.
    - Moenie ‘n dag sonder Hom lewe nie.
    -Moenie probeer om dit op jou eie te doen nie.
    - Hy is ‘n getroue God en Hy sal aan jou getrou bly.
    - In elke seisoen en elke tydsbestek bly Hy getrou.
    - HY is die uiterste gawe.

    Deur: Andrew W Roebert
    Hierdie notas mag met ander gedeel word