HY IS JOU GOD – DWARSDEUR JOU LEWE!
Inleiding
– Dit is wonderlik om te weet dat die Here in elke stadium van die lewe met ons is om ons te lei, te dra en te onderhou.
– Daar is geen tyd wanneer ons sonder Hom is of wanneer Hy ons ooit verlaat nie.
– Dit is ook verbasend om te dink dat Hy in alle omstandighede van die lewe met ons is en ons nooit alleen hoef te voel nie.
– Selfs in die moeilike en uitdagende seisoene is Hy steeds met jou om te help en om jou paaie te rig.
– Hy is op die oomblik, met jou in die situasies wat jy moet hanteer.
– Hy weet altyd wat die beste vir ons is en hoe om ons koers sagkens te herlei in lyn met Sy doel en planne..
– Ons kan in Sy wysheid rus en ons kan verseker wees dat Hy ons beste belange op die hart dra.
– Die Here wil dwarsdeur ons lewens ons God wees , van die begin tot die einde van ons lewens.
– Hy sal jou vergesel op jou lewensreis en jy kan oud word met die wete dat Hy al die pad met jou is.
1. HY IS VAN DIE BEGIN AF ONS HOOP EN VERTROUE
– Van die heel begin van jou lewe, van die tyd van jou bewustheid af, wil Hy jou God wees.
– Gedurende die seisoen van kindwees wil Hy ons oplig en op Sy knie plaas om ons te verseker dat Hy ons liefhet, vir ons omgee en weet wat ons moet hanteer en waardeur ons gaan..
– Psalm 71:5 ‘Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.’
– Moet nooit die besluit wat jy in jou jeug neem/geneem het, onderskat nie
– Ek was al deel van baie begrafnisse waar genoem is dat die oorledenes hul besluit om God te volg in hul jeug of as jongmens geneem het.
– God neem kennis van ons besluite wat ons as jongmense vir Hom neem en Hy eer daardie keuses en besluite.
– Ek glo dit kan wyer strek as net ons leeftyd.
– Wanneer jy elke nuwe dag begin, is dit ‘n nuwe begin en jy kan daagliks die Here jou hoop en vertroue maak..
– Van die begin van die lewe of van die begin van elke nuwe dag of nuwe seisoen, kan Hy jou hoop en vertroue wees.
– Om ‘n lewe van kinderlike geloof en vertroue in God te lei, is ‘n wonderlike manier om te lewe.
– Jy is vandag so jonk soos jy ooit sal wees, gebruik vandag dus om jou hoop en vertroue opnuut in God te plaas.
2. WANDEL MET GOD EN LEER ELKE TREE LANGS DIE PAD
– Psalm 71:17 ‘o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders. ’
– Miskien het jy al die stelling gehoor: ‘Dis nooit te laat om iets nuuts te leer nie’, of ‘Jy kan elke dag iets nuuts leer.’
– Met God in ons lewens, kan ons weet dat Hy ons wil leer en vir ons die regte pad wil wys.
– Dit is so ‘n voorreg om ‘deur die Here geleer’ te word.
– Ons moet altyd oop wees vir Sy insette en leiding in ons lewens.
– Hy weet alles, verstaan alles en het die antwoord op alles en daarom is Hy ons grootste bondgenoot.
– Hierdie vers dui aan dat God ons kan ‘leer’.
– Ons weet nie net van God nie, maar ons KEN Hom persoonlik, in ‘n verhouding.
– Die resultaat is dat ons die wonderlike dinge wat Hy gedoen het en die ontsaglike manier waarop Hy ons deur die storms en uitdagings van die lewe gedra het, kan vier.
– Maak dit deel van jou dag om te juig en dankbaar te wees en om ‘Sy wonderlike dade te verklaar’.
3. VERTEL DIE VOLGENDE GENERASIE VAN GOD SE GOEDHEID
– Psalm 71:18 ‘En ook tot die ouderdom en die grysheid toe — o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.’
– Jy het ‘n taak om te verrig en dit is om die volgende geslag te herinner aan God se krag en Sy blywende teenwoordigheid.
– Jy is ‘n GETUIENIS van God se KRAG, liefde, voorsiening en genesing vir almal wat ná jou kom – jou kinders en die volgende geslag.
– Hulle moet weet hoe jy God vertrou het en hoe Hy vir jou deurgekom het.
– Hulle moet met hul eie oë sien hoe jy God in jou lewe vertrou het, sodat dit ‘n voorbeeld vir hulle sal wees om te volg en na te streef op dieselfde manier as wat jy gedoen het.
– Terselfdertyd moet ons altyd onthou dat ouderdom en grys hare nie die feit verander dat God jou nooit sal verlaat nie.
– Dit maak jou net ‘n lewende getuienis van God se lewenslange getrouheid.
4. SELFS IN DIE STORMS VAN DIE LEWE, BLY HY DIE KONSTANTE
– Psalm 71:20 ‘U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.’
– Ons het beslis ons deel van probleme in die lewe en ons mag selfs die ‘uiterstebodem’ bereik het, maar God dra ons elke keer daardeur.
– Ons lewens is nie sonder probleme nie, maar ons het die Here om ons deur dit alles te lei.
– Ons lewens kan ‘n belydenis van HOOP te midde van probleme wees.
– Ons moet onsself voortdurend daaraan herinner dat God die groot hersteller is.
– Wees verseker! Hy sal jou lewe weer herstel en Hy sal jou weer ophef.
5. DIE HERE SAL JOU EER VERMEERDER
– Psalm 71:21 ‘Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.’
– Met God in ons lewens lê die beste nog voor, selfs al begin ons laat met ‘n verhouding met Hom.
– Die woord ‘eer’ kan ook as ‘grootheid’ geïnterpreteer word.
– Die voorstel is dat soos die jare aanstap ons meer en meer GROOT DINGE in ons lewens sal sien .
– Ons sal leef om God se reddende dade te sien en ‘n getuienis van Sy getrouheid te wees.
– Dit is God se voorreg om een persoon op te hef en iemand anders neer te bring.
– Terwyl jy God nastreef en Hom die eerste plek in jou lewe gee, sal Hy langs jou kom en ‘jou eer vermeerder’ en Hy sal jou ‘weereens vertroos’!’
– Dit gee ons lewens ‘n doel en betekenis in God en Sy werke in ons lewens.
6. REDE OM VERHEUG TE WEES
– Psalm 71:22 ‘So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God!’
– Daar is die belofte dat ons rede sal hê om die Here te loof vir Sy getrouheid en om Sy goedheid in ons lewens te kan vier.
– Ons sal aanhou om God te PRYS te midde van wanhoop en deur die goeie tye, want ons het ons HOOP en VERTROUE in God.
– Die Here is nie ‘n “Mooiweer”-Vriend nie. Hy is nie met ons in goeie tye en afwesig ten tye van moeilikhede nie.
– Hy is met ons dwarsdeur ons lewens om ons te lei, te rig, te vertroos, te eer en om ons op te hef sodat ons Sy goedheid kan sien en daarin verheug kan wees.
– Dit geld vir elke tree in die lewensverloop, maar ook as ons oor tyd terugkyk.
– Laat ons met God deur die lewe gaan en soos die jare verbygaan, sal ons ontdek dat Hy ons rots en stewige fondament deur dit alles was.
– Hy is vandag met jou, Hy is nou met jou en Hy sal jou hele lewe lank met jou wees.
– Alhoewel hierdie Psalm na Dawid en toevlug teen sy vyande verwys, bly dit ‘n pragtige Skrifgedeelte om in ons lewens en ons toekoms toe te pas.
– Isaiah 46:4 ‘en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.’
Deur: Andrew W Roebert
Hierdie notas mag met ander gedeel word.