Daily Bible Verse: Psalm 62:8
‘Trust in Him at all times… for God is our Refuge.’
- We have Someone to Whom we can go when we face difficulty.
- We have the Lord, Who is our Refuge and our place of safety.
- Therefore we can trust in and rely on Him at ALL times.
- Right now, He offers you the security and refuge that you need!
Prayer: Lord, I choose to find my safety and security in You and in You alone. I make a quality decision to trust in You completely, knowing that You are my Refuge, and You will take care of me. Amen.
Daily Bible Verse: Psalm 62:8
‘Trust in Him at all times… for God is our Refuge.’
Daily Bible Verse: Genesis 22:11
At that moment the angel of the LORD called to him from heaven, ‘Abraham! Abraham!’ ‘Yes,’ Abraham replied. ‘Here I am!’
Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 33:6
‘En daar sal bestendigheid van jou tye wees,…’
- Ons het almal bestendigheid in ons lewens nodig waarop ons ons lewens kan bou
- In God vind ons daardie sekuriteit en krag wat ons nodig het.
- Terwyl ons ons lewens op Hom bou, hoef ons nie die storms wat kom, te vrees nie.
- Hy sal jou dra, en Hy sal die bestendigheid in jou unieke situasie wees.
Gebed: Vader, dankie dat U die tye en situasies wat ek moet hanteer, ken. Ek kies om op U te reken en te rus op die bestendigheid wat U in my lewe is. Ek sal vertrou en nie bevrees wees nie. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Psalm 63:9
‘My siel is aan U verkleef; U regterhand ondersteun my.’
- Moet nooit jou geloof en vertroue in die Here begewe nie.
- Leef 'n lewe wat vereis dat jy met al jou krag aan God vashou.
- Hy is die Sterkte van jou lewe en die Anker van jou siel.
- Hy sal jou styf vashou en jou nooit laat val of erg onthuts raak nie.
Gebed: Vader, ek klou aan U as die Bron van alles wat ek in die lewe nodig het. Ek plaas myself, my lewe en my familie in U sterk en onwrikbare hand. Hou my sekuur vas terwyl ek op U vertrou. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Hoséa 6:3
‘En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken; Sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei’
- Daar is een ding waarvan ons seker kan wees en dit is God se getrouheid.
- So seker as wat die son opkom, kan ons verseker wees dat Hy na ons toe sal kom.
- Waar ons Sy hulp nodig het kan ons hier en nou op Hom vertrou.
- Ons kan vir die toekoms en vir die hoop waarna ons harte smag, op Hom vertrou.
Gebed: Vader, ek dank U dat U so volkome betroubaar en getrou aan my is. Ongeag die veranderende omstandighede kan ek elke dag verwag dat U getrouheid sal voortduur. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Johannes 7:38
‘Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.’
- Ons geloof en vertroue in die Here open die deur na nuwe lewe binne ons.
- Die lewe mag probeer om ons af te trek, maar ons geloof verhef ons tot nuwe hoogtes.
- Sy lewe veroorsaak dat ons van ons hoof tot ons voetsole lewendig is.
- Mag Sy lewende water nog sterker uit jou binneste vloei.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek in U glo. U is my Here, my Verlosser en my God. Laat U lewende water opborrel en uit my binneste vloei, sodat ek kan weet wat dit beteken om werklik te lewe. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 44:3
‘Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal My Gees op jou kroos giet en My seën op jou nakomelinge.’
- Die Here wil Sy lewegewende guns en liefde op jou uitstort.
- Jy mag dalk soos 'droë grond' voel, maar dit is geen hindernis vir Hom nie.
- Die Here wil ook jou kinders en jou nakomelinge seën.
- HY wil dit vir elke mens doen, wat na meer van Hom smag en dors.
Gebed: Vader, my hart en my siel verlang na meer van U, in my lewe. Giet U lewende water oor my lewe en mag ek ook die seën van U teenwoordigheid op my familie sien. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Psalm 139:5
‘U sluit my in van agter en van voor, en U lê U hand op my.’
- Jy word deur die ewige arms van die lewende God omring.
- Hy omring jou met Sy goedertierenheid en genade.
- Die Here is naby jou, en Hy ken jou, volkome.
- Verwag dus Sy seën en guns op jou lewe.
Gebed: Vader, dankie dat ek binne die kring van U seën en teenwoordigheid in my lewe, kan leef. Plaas U hand van seën op my kop terwyl ek op U vertrou. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Psalm 91:11
‘want Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.’
- Dit is so wonderlik om te sien hoe geïnteresseerd God in die besonderhede van ons lewens is.
- Ons weë, ons stryd, ons vreugdes en ons hoop is vir Hom belangrik.
- Jy is onder Sy konstante sorg, en Hy sal vir jou sorg.
- Hy sal jou beskerm, jou verdedig en jou op al jou weë bewaar.
Gebed: Vader, dankie vir U teenwoordigheid wat altyd met my is. Dankie dat U enige middel sal kies en gebruik om vir my te sorg. Ek bid dat U my sal bewaak, lei en beskerm. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Lukas 22:43
‘En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.’
- Die Here sal ons nooit in ons wanhoop en twyfel in die steek laat nie
- Hy sal in ons stryd na ons toe kom, om vir ons die krag te gee wat ons nodig het.
- Mag jy Sy krag ken wat deur jou en jou situasie vloei.
- Sy krag is Sy vermoë om verandering en hoop in ons harte te bring.
Gebed: Vader, openbaar Uself aan my sodat ek versterk en in staat gestel kan word om deur geloof te wandel en 'n hart te ondervind wat deur U krag en vermoë bemagtig word. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: 2 Korinthiërs 1:4
‘wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.’
- God is die God van alle vertroosting, en Hy wil hê dat ons Sy troos moet ken.
- Die lewe is nie altyd maklik nie, en ons moet allerhande probleme en situasies hanteer.
- Die Here wil hê dat ons Sy troos deur persoonlike ondervinding moet ken.
- Ongeag wat jy moet hanteer, mag jy weet dat Hy met jou is.
Gebed: Vader, dankie dat ongeag wat ek moet hanteer of deurgaan, is U daar om met my te wees en my te troos. Mag my lewe vir ander 'n seën wees as gevolg van die seën wat U in my lewe gebring het. Amen.