Daily Bible Verse: Psalm 62:8
‘Trust in Him at all times… for God is our Refuge.’
- We have Someone to Whom we can go when we face difficulty.
- We have the Lord, Who is our Refuge and our place of safety.
- Therefore we can trust in and rely on Him at ALL times.
- Right now, He offers you the security and refuge that you need!
Prayer: Lord, I choose to find my safety and security in You and in You alone. I make a quality decision to trust in You completely, knowing that You are my Refuge, and You will take care of me. Amen.
Daily Bible Verse: Psalm 62:8
‘Trust in Him at all times… for God is our Refuge.’
Daily Bible Verse: Genesis 22:11
At that moment the angel of the LORD called to him from heaven, ‘Abraham! Abraham!’ ‘Yes,’ Abraham replied. ‘Here I am!’
Daaglikse Bybel Vers: Genesis 21:19
‘Daarop het God haar oë geopen, en sy sien 'n put!...’
- Soms in die chaos van die lewe is dit moeilik om die oplossing te sien.
- Dikwels kan die einste ding wat ons nodig het, reg voor ons oë wees.
- Die Here is ons Bron en Voorsiener – Hy weet wat ons nodig het.
- As Hy sal kom en ons oë oopmaak, sal ons sien wat Hy voorsien het.
Gebed: Vader, ek bid dat U my oë sal oopmaak. Mag ek, net omdat ek desperaat en angstig is, nie die oplossing wat U voorsien het, mis nie. Mag ek duidelik kan sien sodat ek die weg wat U vir my geopen het, kan sien. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Deuteronòmium 7:9
‘Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en Sy gebooie onderhou,’
- Daar is sekere dinge waarvan ons seker kan wees.
- Ons kan weet dat God God is, die Almagtige God.
- Ons kan seker wees dat Hy volkome getrou is.
- Ons kan in Sy liefde vir ons, Sy kinders, gerus wees.
Gebed: Vader, dit is 'n vreugde om te weet dat my lewe op 'n vaste fondament gebou kan word. Ek kan vas staan, want U goedertiernheid en U onfeilbare getrouheid sal die konstante in my lewe wees. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Genesis 28:15
‘En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan,…’
- God wil hê dat Sy blywende teenwoordigheid in ons lewens iets werkliks moet wees.
- Herhaaldelik verseker Hy ons dat Hy met ons is.
- Wat nog meer is, Hy wil oor jou waak en jou beskerm.
- Die lewe lei ons in vele rigtings, maar Hy bly die konstante in ons lewens.
Gebed: Vader, dankie dat U op die oomblik met my is. U teenwoordigheid omring my en U arms van beskerming en sorg is om my toegevou, daarom vrees ek niks nie. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Romeine 8:14
‘Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.’
- Die Here wil nie hê dat ons die lewe alleen moet aanpak nie.
- Hy wil hê ons moet weet dat Hy met ons is om ons elke tree van die pad te lei.
- God se Heilige Gees wil jou wys watter rigting jy moet inslaan.
- Dit is deel van ons voorreg, as kinders van God, om hierdie dimensie te ken.
Gebed: Vader, ek vra dat U Heilige Gees dadelik sal kom en my hart en my lewe sal binnedring. Mag ek weet wat dit beteken om deur U Gees gelei en gerig te word sodat ek dit wat U behaag, kan doen. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Josua 1:7
‘Wees net baie sterk en vol moed,…’
- Ons word geroep om die lewe met 'n moedige krag aan te durf.
- Jy mag dalk swak voel, maar Sy teenwoordigheid in jou lewe gee jou krag.
- Net die gedagte dat God met ons is, verander die dinamiek van ons lewens.
- Hy sal jou die krag en die moed gee wat jy nodig het.
Gebed: Vader, dit is 'n vreugde om met die wete dat U met my is, vorentoe te kan gaan. U teenwoordigheid in my lewe bring die krag en moed wat ek nodig het, om te doen wat U wil hê dat ek moet doen. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Daniël 10:19
‘Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees sterk, ja, sterk!...’
- Jy is waardevol en kosbaar vir God, en Hy het jou lief.
- Moet nooit twyfel aan God se goedertierenheid en tere genade teenoor jou nie.
- Sy liefde reik altyd na ons uit om ons gerus te stel.
- Sy liefde reik vandag na jou uit, glo dit en neem dit.
Gebed: Vader, dit is so 'n wonderlike gedagte om te dink dat U my liefhet en vir my omgee. Soms laat die lewe my bang voel, maar dan herinner ek myself aan U liefde vir my en ek het die moed om in geloof, vorentoe te tree. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: 2 Korinthiërs 12:9
‘En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want My krag word in swakheid volbring.’
- In alles wat ons moet hanteer en deurgaan, is Sy genade genoeg om ons deur te sien.
- Uitdagings sal oor ons pad kom, maar Sy genade en krag sal met ons wees.
- Ons gevoel van swakheid gee ons nog 'n geleentheid om Hom te vertrou.
- Terwyl ons op Hom vertrou, sal ons ontdek dat Hy al is wat ons nodig het.
Gebed: Vader, dankie vir nog 'n geleentheid om op U te kan vertrou en staatmaak. U ken elke uitdaging en kwessie wat ek moet hanteer en deur dit alles is U met my en sal U, U genade en krag aan my beskikbaar stel. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Genesis 18:14
‘Sou iets vir die Here te wonderbaar wees?’
- Dit is 'n retoriese vraag want NIKS is te moeilik vir God nie
- As iets vir ons onmoontlik lyk, beteken dit nie dat dit vir God onmoontlik is nie.
- Ons moet onthou dat niks buite die bereik van die Here is nie.
- Hy kan intree en alles omdraai – dit is Sy hart vir ons.
Gebed: Vader, ek is so dankbaar dat U die Almagtige God en die Ewige Vader is. Niks wat ek moet hanteer of deurgaan, is te moeilik vir U om te verander of te herstel nie. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Genesis 21:1
‘EN die Here het Sara besoek soos Hy beloof het; en die Here het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:’
- God was getrou aan Sara, en Hy het Sy belofte aan haar vervul.
- Dit is deel van Sy natuur om vir ons goed te wees en Sy Woord te onderhou.
- Dit is twee kenmerke waarop jy volkome kan staatmaak.
- Sien uit na Sy goedheid teenoor jou, en moenie aan Sy beloftes twyfel nie.
Gebed: Vader, dankie dat ek op U goedheid en U getrouheid teenoor my kan staatmaak en daarop kan vertrou. Ek sal in U glo, en ek sal aan die beloftes vashou, omdat U getrou is en sal doen wat U gesê het dat U sal doen. Amen.