Daily Bible Verse: 2 Thessalonians 1:12
‘That the Name of our Lord Jesus will be glorified in you…’
- We should live our lives in such a way that we bring glory to God.
- We can bring honour to God by what we do, how we act, and how we live.
- Let us make this our ultimate goal and purpose in life.
- Come, magnify the Lord with me and let us exalt His name forever.
Prayer: Lord, I choose to bring You all the praise and the glory that is due to Your Name. Surely, You are a Great God and a wonderful Heavenly Father and may my life reflect this to the world around me. Amen.
Daily Bible Verse: 2 Thessalonians 1:12
‘That the Name of our Lord Jesus will be glorified in you…’
Daily Bible Verse: Joshua 23:14
‘Not one thing has failed of all the good things which the LORD your God spoke concerning you. All have come to pass…’
Daaglikse Bybel Vers: Exodus 14:14
‘Die HERE sal vir jou stry, en julle moet stil wees.’
- Die Een wat die wind en die golwe beveel is aan jou kant.
- Wanneer ons nie verder kan stry nie sal Hy vir ons stry.
- Ons probeer soms om te veel dinge in ons eie krag te hanteer.
- Laat ons stil wees en rus in Sy vermoë om die deurbraak en oorwinning vir ons te vermag.
Gebed: Vader, ek kies hier en nou om stil te wees en met vertroue in die werk wat U doen te rus. Ek gee my stryd en dinge oor in U bekwame hande. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Psalm 32:7
‘U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding.’
- Die Here se belofte aan jou is dat Hy jou sal beskerm.
- Hy sal jou skuilplek wees, jou toevlug en jou bergvesting.
- Hy wil jou met hoop en gelowige verwagting vul.
- Hy wil kom en jou met ‘vrolike gesange van bevryding’ omring.
Gebed: Vader, U is my skuilplek. U is die Een wat my van moeilikheid beskerm en U is die Een wat my mond vul met gesange van bevryding en oorwinning in my lewe. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Deuteronòmium 4:31
‘Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.’
- Die Here se hart teenoor jou is ‘n hart wat met medelye en genade gevul is.
- Feit is ons word vertel dat Hy met medelye en genade GEVUL is.
- Hy sal jou elke dag met Sy goedhartigheid en Sy genadige teenwoordigheid begunstig.
- Hy sal Sy woorde en beloftes aan jou nooit faal, vernietig of vergeet nie.
Gebed: Vader, ek verklaar dat U my God is en dat U goedhartigheid en genade teenoor my geen grense ken nie. Dankie vir U goedertierenheid en U getrouheid elke dag. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Josua 1:5
‘……, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.’
- Hierdie is ‘n belofte wat jy elke dag van jou lewe saam met jou kan dra.
- Die Here se belofte aan jou is dat Hy met jou sal wees.
- Hy sal met jou wees en Hy sal met jou bly – moenie vrees nie.
- Jy kan in Sy voortdurende teenwoordigheid in jou lewe, vertrou.
Gebed: Vader, dankie dat U altyd met my is. Niks kan my van U liefde en sorg vir my skei nie. Ek kies om in hierdie kennis en hierdie belofte te rus. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Lukas 1:79
‘…. , om ons voete na die pad van vrede te rig.’
- Elke dag wat die Here ons gee is ‘n dag waarin Hy ons wil lei en rig.
- Vandag is niks anders nie, laat Hom toe om elke tree wat jy gee te lei .
- Hy wil jou by ‘n plek bring waar daar vrede is, reg langs die stil waters.
- Gee Hom jou hand en laat Hom toe om jou die weg te wys.
Gebed: Vader, ek plaas my hand vandag in U hand. U is my Goeie Herder en my getroue leidsman en U sal my lei na ‘n plek van groen weivelde. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 54:10
‘Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.’
- Soms gaan ons deur tye van onsekerheid en selfs bewing.
- Maar niks wat die lewe ons bied sal God se liefde van ons verwyder nie.
- Materiële dinge mag ons faal, maar Sy liefde en beloftes bly sekuur.
- Jy kan vasstaan en sekuur wees in die Here en Sy groot liefde vir jou.
Gebed: Vader, ek ontvang U goedertierenheid teenoor my. Ek verwerp elke twyfel en aarseling en ek staan vas op die fondasie van U liefde, maak nie saak wat die omstandighede is waarin ek myself bevind nie. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Psalm 89:35
‘Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal ek nie verander nie.’
- Die Here sal nooit Sy verbond en beloftes teenoor jou verbreek nie.
- Hy is ‘n God wat Sy beloftes nakom en Hy vervul elke woord wat Hy gespreek het.
- Dit mag miskien nie presies uitwerk soos wat jy beplan het nie, maar Hy sal jou nie faal nie.
- Hy is die getroue, betroubare God wat Sy verbond nakom.
Gebed: Vader, dankie vir U verbond van vrede oor my lewe. Ek herinner myself aan U getrouheid en ek vier die waarheid dat ek volkome op U kan staatmaak. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Lukas 1:49
‘Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam.’
- Die Magtige Een, die Heer der Leerskare, wil groot dinge vir jou doen.
- Dit gaan ons verstand te bowe dat die skepper van die heelal belangstel in eenvoudige mense!
- Die waarheid is dat Hy omgee vir elkeen van ons.
- Hy noem elkeen van ons op ons naam, Hy hoor ons gebede en Hy wil groot dinge doen.
Gebed: Vader, dankie vir die groot en wonderlike dinge wat U vir U kinders doen. Dankie dat U my naam ken en spesifieke dinge vooraf vir my voorberei het. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Spreuke 19:21
‘Baie planne is in ‘n man se hart, maar die raad van die HERE, dié sal bestaan.’
- Die Here het ‘n plan en doel vir jou lewe.
- Sy planne is nie wispelturig nie, Sy planne staan vas.
- Hy sal werk in jou lewe en situasie om te sorg dat Sy planne uitgevoer word.
- Selfs in die lewe se moeilikste situasies, bly Hy getrou aan sy plan vir ons.
Gebed: Vader, dankie vir U planne vir my lewe. Ek kies U weë en U planne bo my idees en voorkeure want U weet wat vir my die beste is. Amen.