Daily Bible Verse: 2 Thessalonians 1:12
‘That the Name of our Lord Jesus will be glorified in you…’
- We should live our lives in such a way that we bring glory to God.
- We can bring honour to God by what we do, how we act, and how we live.
- Let us make this our ultimate goal and purpose in life.
- Come, magnify the Lord with me and let us exalt His name forever.
Prayer: Lord, I choose to bring You all the praise and the glory that is due to Your Name. Surely, You are a Great God and a wonderful Heavenly Father and may my life reflect this to the world around me. Amen.
Daily Bible Verse: 2 Thessalonians 1:12
‘That the Name of our Lord Jesus will be glorified in you…’
Daily Bible Verse: Joshua 23:14
‘Not one thing has failed of all the good things which the LORD your God spoke concerning you. All have come to pass…’
Daaglikse Bybel Vers: Nehemïa 4:14
‘….; dink aan die grote en gedugte Here, ….’
- Ons ontvang soveel raad in die lewe dat dit verwarrend kan raak.
- Maar die beste raad wat ons kan ontvang is om ‘die Here te onthou’.
- Ons moet onsself herinner dat die Here altyd met ons is maak nie saak wat gebeur nie.
- Onthou die Here vandag en herinner jouself dat Hy altyd die finale sê sal hê!
Gebed: Vader, ek kies om my oë vandag op U te vestig. Ek sal onthou dat U met my is en U kan my storms stilmaak en my help in elke situasie waarin ek beland. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Nehemïa 2:20
‘…Die God van die hemel, Hy sal ons dit laat geluk, en ons, sy knegte, sal ons klaarmaak en bou; ….’
- Ons behoort die Here ons God te vertrou.
- Ons behoort gereed te wees om uit te tree en doen dit wat nodig is om gedoen te word.
- Jy kan hulp uit die hemel verwag as jy die Here vertrou en Hom volg.
- Tree vorentoe met vertroue en moed en moenie intimideer word nie.|
Gebed: Vader, dankie dat U die God van die hemel, vir my sukses sal laat behaal. Werk om my onthalwe dit bid ek en ek sal poog om gehoorsaam te wees en te doen wat U my beveel om te doen. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Nehemïa 2:4
‘…..? En ek het tot die God van die hemel gebid.’
- Wat ‘n vreugde is dit nie om te weet dat ons enige tyd na die Here kan draai en tot Hom kan bid.
- Ons kan tot Hom roep wanneer ons nie weet watter kant toe nou nie.
- Ons kan tot Hom roep wanneer dit lyk of omstandighede ons oorweldig.
- Hy is net ‘n gebed ver van ons af weg en ons behoort spontaan na Hom in gebed te draai.
Gebed: Vader, mag ek soos Nehemïa spontaan tot U bid as ek nie weet wat om verder te doen nie. U is my getroue leidsman en my Goeie Herder, so ek kies om tot U te draai vir die hulp wat ek nodig het. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Esra 7:28
‘Toe het ek moed geskep, omdat die hand van die HERE my God oor my was, …’
- Wanneer ons weet dat die Here met ons is, kan ons sterk en moedig wees.
- Dieselfde hande wat die hele wêreld vashou kan op my en jou rus.
- Sy hand is daar om jou vas te hou, jou te lei en om jou te bemagtig.
- Skep moed, wees van binne versterk want die Here is self met jou!
Gebed: Vader, dankie dat ek veilig en sekuur in U hande is en niemand kan my uit U hande uitruk nie. Mag U hand op my rus en mag my lewe deur hierdie wete versterk wees. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Esra 6:22
‘…..want die HERE het hulle verbly en die hart van die koning …. na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, ….’
- Ons moet onsself altyd herinner dat God enige situasie kan omdraai.
- Hy sal dikwels mense gebruik om ‘n rol te speel in die verandering wat nodig het om te gebeur.
- In hierdie verhaal gebruik Hy ‘n koning om ‘n situasie totaal te verander.
- Die Here ken jou situasie en Hy is verbind om jou die hulp te gee wat jy nodig het.
Gebed: Vader, dankie dat U in beheer van alles is. Niks is vir U te moeilik nie en U kan enigiets en enigeen gebruik om vir my die verligting te bring wat ek benodig. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Matthéüs 5:7
‘Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.’
- Die lewe betrek saai en maai.
- As ons liefde, barmhartigheid en genade bewys, sal ons dieselfde ontvang.
- Kom ons behandel ander mense soos wat onsself behandel wil word.
- Kom ons volg ons Here se voorbeeld en wees ‘n seën vir almal om ons.
Gebed: Vader, help my om ‘n seën vir almal om my te wees. Gee my geduld en welwillendheid teenoor ander en mag ek U genade teenoor almal wat ek teëkom, bewys! Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Lukas 5:13
‘Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan ….’
- Wat a wonderlike prentjie van die Here wat Sy hand uitreik en iemand aanraak.
- Hy wil nou Sy hand uitreik en jou aanraak.
- Net een aanraking van die Meester se hand en ons sal nooit weer dieselfde wees nie.
- Die liefde van die Here reik uit om ons by die punt van ons nood te bereik.
Gebed: Vader, ek bid dat U sal uitreik en my sal aanraak. Mag ek die aanraking van U kosbare hand op my lewe en in my hart ken! Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Markus 1:35
‘En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ‘n eensame plek vertrek en daar gebid.’
- Gebed is ons essensiële skakel met die Here.
- Die vyand sou ons so graag so besig wou hou dat ons nie tyd het om te bid nie.
- Gebed is gemeenskap met God en ons het dit nodig in ons lewens.
- Die Here roep elkeen van ons tot ‘n dieper verhouding met Hom.
Gebed: Vader, dankie vir die voorbeeld wat U vir ons stel om tyd met U Vader ‘n prioriteit in U daaglikse lewe te maak. Ons kies om dieselfde te doen en sal onsself elke dag daaraan herinner om U aan te roep en te bid. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Spreuke 3:9-10
‘Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.’
- Ons lewens behoort ‘n lewende voorbeeld te wees van mense wat God vereer en lief het.
- Elke aspek van ons lewens moet die feit demonstreer dat Hy ons prioriteit is.
- Sy belofte om vir ons op wonderlike wyses te voorsien en seën sal daaruit voortspruit. .
- Dit begin wanneer ons die vaste besluit neem om Hom eerste te stel en dit eindig in seën.
Gebed: Vader, Ek kies om U te eer in alles wat ek sê en doen. Ek wil tot U heerlikheid en U eer lewe. Dit is my vaste besluit en my gekose doel. Amen.