Daily Bible Verse: 2 Thessalonians 1:12
‘That the Name of our Lord Jesus will be glorified in you…’
- We should live our lives in such a way that we bring glory to God.
- We can bring honour to God by what we do, how we act, and how we live.
- Let us make this our ultimate goal and purpose in life.
- Come, magnify the Lord with me and let us exalt His name forever.
Prayer: Lord, I choose to bring You all the praise and the glory that is due to Your Name. Surely, You are a Great God and a wonderful Heavenly Father and may my life reflect this to the world around me. Amen.
Daily Bible Verse: 2 Thessalonians 1:12
‘That the Name of our Lord Jesus will be glorified in you…’
Daily Bible Verse: Joshua 23:14
‘Not one thing has failed of all the good things which the LORD your God spoke concerning you. All have come to pass…’
Daaglikse Bybel Vers: Exodus 15:13
‘U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer.’
- Daar is twee wonderbare dinge wat die Here vir jou wil doen.
- Die Here wil jou kom lei en rig.
- Dit is deel van sy groot liefde vir elkeen van ons dat Hy kom om met ons te wees.
- Moenie probeer om alleen oor die weg te kom nie, ontvang Sy liefde en krag en sy blywende teenwoordigheid.
Gebed: Vader, dankie vir die liefdevolle wyse waarin U in ons lewens intree om ons te lei. Dankie vir die krag wat U vir ons voorsien terwyl U ons deur ons lewens lei. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Psalm 78:35
‘en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, , hul verlosser.’
- Ons moet soms wag en onsself herinner wat die waarheid is.
- Die waarheid is dat die Here jou Rots is.
- Wanneer alles lyk soos dryfsand, het ons ‘n Rots om op te staan.
- Staan op Christus, Hy is jou vaste Rots en Hy sal nie beweeg word nie.
Gebed: Vader, ek neem hierdie oomblik om te onthou en myself te herinner dat U my Rots en Verlosser is. Ek vestig my oë op U. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Job 19:25
‘Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.’
- Ons moet soos Job met radikale oortuiging en geloof, glo.
- Daar is geen tyd of rede om te twyfel nie, daar is net tyd om te glo en te vertrou.
- Laat hierdie feit in jou hart gevestig word – jou Verlosser lewe!
- En omdat Hy lewe, kan jy môre in die gesig staar en alle vrees het gevlug.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek weet dat MY Verlosser lewe. Tenspyte van elke uitdaging en besorgdheid is daar hierdie fondasie waarop ek sekuur kan rus. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Job 17:9
‘Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.’
- As kinders van God gee ons nie op nie, ons hou aan om vorentoe te beur en vorentoe te beweeg.
- Sodra die lewe van God ons harte binnegaan skiet dit wortel diep binne ons.
- Dit laat ons toe om God te vertrou en te glo vir elke liewe dag.
- Jy kan aanhou om vorentoe te beweeg want die Here is daar met jou.
Gebed: Vader, dankie dat U my lewe in U hande vashou. Ek kan met vertroue en hoop vorentoe beweeg, wetende dat U my elke tree van die pad sal lei. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Psalm 61:5
‘Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg.’
- Wat ‘n vreugde om te weet dat ons God se teenwoordigheid vir ewig te kan geniet.
- Ons kan Sy teenwoordigheid hier en nou en tot in ewigheid ken.
- Ons kan ook onder Sy vleuels skuiling vind.
- Maak nie saak watter storms die lewe mag bring nie, ons het ‘n toevlug en skuiling in HOM.
Gebed: Vader, ek verlang na meer van U teenwoordigheid in my daaglikse lewe. Ek kies om onder die skuiling van U vleuels te lewe waar ek weet dat ek veilig en sekuur sal wees. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Psalm 23:6
‘Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.’
- God se goedheid en genade is deel van Sy plan vir jou lewe.
- Sy goedheid en guns sal vir al die dae van jou lewe, deel van jou lewe wees.
- Ten einde sal ons Hom van aangesig tot aangesig sien en ons sal vir ewig met Hom wees.
- Verwag dat Sy goedheid en guns jou vandag en elke dag sal volg.
Gebed: Vader, dankie vir die wonderlike beloftes wat U aan my gegee het. Ek ontvang U goedheid, genade en ewigdurende liefde vandag in my lewe. Mag ek U teenwoordigheid in my lewe vandag en vir ewig ken. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Ester 4:14
‘…, en wie weet of jy nie met die oog op ‘n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie?’
- Die Here het ‘n spesifieke plan en doel vir jou lewe.
- Jy is op hierdie tyd hier en dit is baie betekenisvol.
- Wie weet waarom jy moet hanteer wat jy nou hanteer, net God, wie in beheer is.
- As ons Hom volg en Sy leiding volg, sal Hy ons gebruik.
Gebed: Vader, mag my lewe ‘n doel en waarde in U hande hê. Ek gee myself oor aan U en vra dat U my lewe ‘n doel en betekenis sal gee. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Nehemïa 8:11
‘…want die blydskap in die HERE – dit is julle beskutting.’
- Uiteindelik kom ons krag van die Here self.
- ‘n Ongelukkige en swaar hart maak ons teneergedruk en moeg.
- ‘n Hart vol vreugde gee ons krag en energy.
- Laat Sy vreugde nou dadelik jou hart en siel tot oorlopens toe vul.
Gebed: Vader, ek wil nie in my eie krag lewe nie. Ek wil lewe in die krag wat van U af kom. Vul my nou met U vreugde waar ek U vertrou en my verwagting in U plaas. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Deuteronòmium 1:31
‘…waar jy gesien het hoe die HERE jou God jou gedra het soos ‘n man sy seun dra, …’
- Die Here jou God is die Een wat jou sal dra en onderhou.
- Hy is die Een wat ons oplig.
- Die Here wil jou veilig en sekuur dra, net soos wat ‘n vader sy kind beskerm.
- Jy is Sy kind laat Hom dus toe om jou in Sy arms van liefde en sorg op te lig.
Gebed: Vader, ek bid dat U nou in U Gees sal kom en my oplig en dra langs die weg wat U vir my voorberei het. Ek vertrou U, my Hemelse Vader, om my onderhouer te wees! Amen.