Daily Bible Verse: 1 John 2:17 (NLT)
'This world is fading away, along with everything that people crave. But anyone who does what pleases God will live forever.'
- We live in a world that is characterised by constant change.
- Our earthly experience is temporary and fleeting.
- What is popular and essential today may well be irrelevant tomorrow.
- But when we do what pleases God, there is an eternal reward in store for us.
Prayer: Lord, help me to keep my eyes fixed on You. May I not be influenced and drawn away from You by things that are temporary and fading away. I choose to do what pleases You. Amen.
Daily Bible Verse: 1 John 2:17 (NLT)
'This world is fading away, along with everything that people crave. But anyone who does what pleases God will live forever.'
Daily Bible Verse: Hebrews 6:19a
'We have this hope as an anchor for the soul, firm and secure.'
Daaglikse Bybel Vers: 1 Johannes 2:17
'En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.'
- Ons leef in 'n wêreld wat deur voortdurende verandering gekenmerk word.
- Ons aardse ervaring is tydelik en vlugtig.
- Wat vandag gewild en noodsaaklik is, mag heel moontlik môre irrelevant wees.
- Maar wanneer ons doen wat God behaag, wag daar 'n ewige beloning op ons.
Gebed: Vader, help my om my oë op U gevestig te hou. Mag ek nie, deur dinge wat tydelik is en wat verdwyn, beïnvloed en van U af weggetrek word nie. Ek kies om te doen wat U behaag. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Hebreërs 6:19a
' en ons het dit as ’n anker van die siel wat veilig en vas is…'
- Die hoop wat ons in God het, is soos 'n anker vir ons siele.
- Met Sy hulp kan ons selfs in die storms veilig staan.
- Jou anker in God sal jou nie faal of teleurstel nie.
- Klou vas aan die hoop wat jy in Hom het, Hy is jou vaste fondasie.
Gebed: Vader, ek hou vas aan die hoop en die vertroue wat ek in U het. Dit is U wat my veilig sal hou totdat die storm verby trek. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Psalm 38:16
' want op U, Here, wag ek; Ú sal verhoor, Here my God!'
- Seisoene van wag kan uitdagend wees, maar dit sal die moeite werd wees.
- Die Here sal selfs sulke tye gebruik om in ons te werk.
- Geen tyd of seisoen waardeur ons gaan is ooit 'n vermorsing in ons lewens nie.
- Ons kan vertrou dat Hy sal hoor en Hy sal antwoord.
Gebed: Vader, al lyk dit of daar geen verandering is in die dinge waarvoor ek U vertrou nie, sal ek nogtans vashou en wag vir U ingryping. U het my gebed gehoor en U sal op die regte oomblik ingryp. Help my om geduldig te wees terwyl ek aanhou om op U te vertrou. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Filippense 1:3
' EK dank my God elke maal as ek aan julle dink —'
- Party van die mense wat God in ons lewens inbring, is gawes van Hom.
- Ons moet hierdie gawes van God waardeer.
- Miskien kan jy aan iemand dink wie se teenwoordigheid in jou lewe 'n geskenk is?
- Wees dankbaar vir daardie gawes wat Hy aan ons gegee het.
Gebed: Vader, dank U vir daardie mense wat U in my lewe gebring het wat my opgelig en gedra het toe dinge nie altyd maklik was nie. Ek besef dat U mense as U hande en voete in my situasie gebruik. Mag my lewe ook vir diegene rondom my 'n seën wees. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Spreuke 18:10
' Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.'
- Die HERE is jou sterk toring en jou veilige plek.
- Jy kan in Hom veiligheid en sekuriteit vind.
- Sy Naam is kragtig en jy kan Sy Naam oor jou situasies spreek.
- Kom ons hardloop dus na Hom, en vind ons vrede en rus in Sy liefdevolle arms.
Gebed: Vader, ek verklaar dat U Naam kragtig is, baie kragtiger as enige ander krag wat ek mag teëkom. Ek spreek U Naam oor my lewe en my situasie en ek kies om my veiligheid en vrede in U alleen te vind. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Efésiërs 6:16
'Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die bose sal kan uitblus.'
- Die Here het vir ons wapens gegee om ons in die lewe te help om te seëvier.
- Die vyand wil jou graag met vrees en twyfel treiter.
- Maar jy het 'n skild, jou geloof, wat die inkomende pyle kan blokkeer.
- Jou geloof in God kan die vurige pyle van die bose oorweldig en uitblus.
Gebed: Vader, ek herken dat ek soms aangeval word en dinge moet trotseer wat ek wens nooit na my toe sou kom nie, maar U is met my. Ek verklaar dat my geloof in U groter is as enige aanval wat ek moet trotseer. Ek lig vandag my skild van geloof met volle vertroue in U. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: Efésiërs 6:10
' EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte. '
- Die lewensreis kan dikwels uitdagend en moeilik wees.
- Maar met God se hulp kan ons versterk word en kan ons oorwin.
- Sy krag is vir ons beskikbaar, om ons te dra en te onderhou.
- Vertrou op Sy magtige krag en put jou krag uit Sy eindelose voorraad.
Gebed: Vader, ek kies om 'n lewe te lei wat deur U krag gekenmerk word. Ek wil dinge nie in my eie krag doen nie, instede daarvan bid ek dat U my lewe met U sterkte en U magtige krag sal vul. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: 2 Timòtheüs 1:12b
‘…en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe.’
- Ons kan God volkome vertrou wanneer ons dinge aan Hom toevertrou.
- Die dinge waaroor jy God vertrou, is vir Hom belangrik.
- Ongeag die uitdagings, die Here sal aan jou getrou wees.
- Kom ons word oortuig van die feit dat God nou en vir ewig vertrou kan word.
Gebed: Vader, ek dank U dat ek elke saak, besorgdheid en bekommernis in U Almagtige hande kan toevertrou. Mag ek, bo enige twyfel, weet dat U met my is en dat U waak oor die dinge waaroor ek U vertrou. Amen.
Daaglikse Bybel Vers: 2 Timòtheüs 1:12
‘…ek weet in wie ek geglo het, …’
- Dit is wonderlik dat ons die Een waarin ons glo, kan ken.
- Jy kan seker in God wees terwyl jy op Hom vertrou vir jou situasie.
- Ons kan enigiets aandurf en verduur as ons die Here in ons lewens ken.
- Vertrou op Sy getrouheid en vermoë om jou tot die einde toe deur te dra.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek in U glo en dat dit U is in wie ek vertroue en hoop kan hê. Ongeag wat ek ondervind of deurgaan, ek weet dat U met my sal wees en U getrouheid sal my dra en onderhou. Amen.