2 Timotheüs 4:7
‘Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.’
– Staan vas en druk deur – God is met jou!
– Stry jou goeie stryd – onthou ‘n goeie stryd is een wat jy wen.
– Moenie tou opgooi of moedeloos raak nie, voltooi die wedloop.
– Behou die geloof en hou vas aan God en Sy goedertierenheid teenoor jou.
Gebed: Vader, terwyl ek alles aandurf wat ek moet hanteer, kies ek om aan my geloof en vertroue in U vas te hou. U is met my en U sal my die oorwinning gee. Ek druk dus voort en deur geloof sal ek die wedloop voltooi wat U voor my gestel het. Amen.