Handelinge 7:9-10
‘maar God was met hom en het hom uit al sy verdrukkinge verlos.’
– Selfs in tye van benoudheid is God met jou om jou te red en te verlos.
– God se teenwoordigheid kan die konstantheid in jou lewe wees.
– Probleme kan ‘n geleentheid wees vir Sy doel om te ontvou.
– Hy is met jou en Hy kan jou oplig en jou voete op vaste grond neersit.
Gebed: Vader, dankie dat ongeag wat ek deurgaan U altyd met my is. U is my Verlosser, my Redder, my Trooster en my liefdevolle Hemelse Vader. Amen.