Prediker 7:10
‘Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie…’
– Ons moet die lewe met ‘n toekomsgerigte benadering lewe.
– Ons kan aarsel en die verlede onthou, maar ons moenie daar vassteek nie.
– Die toekoms lê voor ons met al sy onsekerheid en geleenthede.
– Jy kan met die verwagting lewe dat God jou sal aanhou dra.
Gebed: Vader, dankie dat U my tot op hierdie punt in my lewe gebring het. Ek erken dat U met my was en dat U my gedra het. Ek vier my herinneringe, maar nou kyk ek vorentoe met vertroue in U. Amen.
Ons dien ‘n getroue God!