1 Konings 19:11
En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die Here.’
– Ons moet onsself posisioneer en glo vir meer van Sy teenwoordigheid in ons lewens.
– Om in die skaduwees weg te kruip of om in vrees te lewe, beroof ons daarvan om Sy heerlikheid te sien.
– Staan op, tree op en beweeg vorentoe en kyk wat Hy sal doen.
– Die Here is op die punt om iets in jou lewe te doen, maak dus gereed om dit te ontvang!
Gebed: Vader, ek kies geloof bo vrees en oortuiging bo twyfel, want U is op die punt om verby te gaan en ek wil niks uitmis wat U vir my in die vooruitsig het nie. Vul my lewe met geloof en vertroue in U vermoë en krag. Amen.