Johannes 10:3
‘…en hy roep sy eie skape by hulle naam…’
– Jou Goeie Herder weet alles van jou en jou situasie.
– Hy wil vir jou Sy persoonlike liefde wys en sorg vir jou.
– Jy is nie vir God anoniem nie, Hy ken jou naam.
– Jy is vir jou Skepper waardevol en kosbaar en Hy het jou lief.
Gebed: Vader, dankie vir U wonderbare sorg en liefde vir my. Ek herken dat U my Hemelse Vader en my Goeie Herder is. U is my baie goeie Vader. Amen.