Exodus 3:1-2
‘EN Moses het die kleinvee opgepas …Daarop verskyn die Engel van die Here aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos…’
– Die Here kan ons lewens enige oomblik op ‘n menigte maniere onderskep.
– Moses was net besig met sy dagtaak toe God aan hom verskyn het.
– God kan Homself aan jou openbaar op gewone dae terwyl jy gewone dinge doen.
– Hy doen dit omdat Hy vir ons omgee en Hy ons lewens wil aanraak en gebruik.
Gebed: Vader, ek nooi U om in my lewe en omstandighede in te tree terwyl ek met my daaglikse verantwoordelikhede besig is. Help my om op U waaksaam en oplettend te wees, sodat ek nie die oomblik wanneer U Uself vir my ‘n realiteit kom maak, sal misloop nie. Amen.