Lukas 1:30
‘Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.’
– Die seën en guns van God op ons lewens is ons grootste bate.
– God het jou vir ‘n doel gekies en Sy hand rus op jou lewe.
– Hy wil jou lewe gebruik om vir Hom eer en lof te bring.
– Omdat Hy met jou is, hoef jy nie te vrees of huiwerig te wees nie.
Gebed: Vader, dankie vir U hand op my lewe. Mag ek guns in U oë vind in alles wat ek sê en doen. Mag my lewe vir U heerlikheid en eer bring waar ek doen wat U wil hê dat ek moet doen. Amen.