2 Korinthiërs 6:2b
‘Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.’
– Die huidige oomblik waarin ons leef, is die waardevolste oomblik van ons lewens.
– Die verlede is verby en niks kan verander wat daar gebeur het nie.
– Die toekoms is onbekend en nie gewaarborg nie.
– Vandag is joune, gebruik dit om ‘n verskil te maak en benut die geleentheid.
Gebed: Vader, dankie dat elke dag wat U vir my gee ‘n geskenk uit U hand is. Ek hoef nie in die verlede te lewe nie. Ek sal U met my môres vertrou en vandag kies ek om die tyd wat U my gegee het, goed te benut. Amen.