Lukas 4:8
‘,,,Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.’
– Die lewe het ‘n manier om ons aandag af te lei sodat ons op die verkeerde dinge fokus.
– Moenie op jou vrese en twyfel fokus nie, as jy dit doen, sal jy dit dien.
– Fokus op die Here jou God en glo in Hom met jou hele hart.
– Terwyl jy op Hom fokus sal Hy jou deur dit wat jy ook al moet hanteer, bring.
Gebed: Vader, ek kies U en ek kies om slegs U alleen te aanbid en te dien. U is my God en U is groter as enige situasie wat ek moet hanteer. Ek weet dat U my sal verlos en my ophef wanneer ek U die hoogste plek in my lewe gee. Amen.