Deuteronòmium 1:30
‘Die Here julle God wat voor jul uit trek, Hy sal vir julle stry…’
– Dit is wonderlik om te weet dat die Here ons vooruit gaan.
– Hy doen dit om die weg voor te berei en om met ons in die stryd te wees.
– Hy gee jou die oorwinning in die uitdagings wat jy nie alleen kan aandurf nie.
– God werk namens jou, so moenie vrees nie en moenie twyfel nie.
Gebed: Vader, ek kies om U te volg terwyl U voor my uitgaan. U weet altyd wat vir my die beste is en U sal my help en U sal vir my veg. Amen.