Spreuke 14:34
‘Geregtigheid verhoog ‘n volk, maar die sonde is ‘n skandvlek vir die nasies.’
– Wanneer ons doen wat reg is, wen almal.
– Wanneer ons doen wat verkeerd is, verloor almal.
– Kies om te doen wat in God se oë reg en korrek is.
– Ons keuses maak al die verskil in ons lewens.
Gebed: Vader, help my, in elke keuse wat ek moet maak, om te doen wat U eer en behaag. Mag ek weet wat dit beteken om die vrug van regte keuses te geniet, terwyl ek U weë bo my idees kies. Amen.