Exodus 2:24
‘En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan Sy Verbond…’
– Die Here sal jou nie vergeet of die goed wat Hy jou belowe het nie.
– Wanneer ons God aanroep, hoor Hy ons en sorg Hy vir ons.
– Jy kan vertrou op Sy getrouheid teenoor jou.
– Hy weet dat die tyd aangebreek het om jou te verlos en te red.
Gebed: Vader, dank U dat U die geroep van my hart hoor en U die diepste verlange en begeertes van my siel ken. U getrouheid en U beloftes is my hoop en dit is my versekering dat U sal intree en my sal red. Amen.