Eksodus 3:21
‘En Ek sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie,’
– Herstel is vir God belangrik.
– Hy kan guns teenoor jou in die harte van mense gee.
– Hy kan harte selfs in onmoontlike situasies roer.
– Hy smag daarna om ons uit slawerny te bring met die voorsiening wat ons nodig het.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U herstel in my lewe wil sien plaasvind. U is die God wat wil sien dat ek die vryheid geniet wat net U kan bring. U voorsien ook langs die pad vir my, sodat ek nie in gebrek hoef te lewe nie. Amen.