Jeremia 10:23
‘Ek weet, o Here, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.’
– Ons het die Here en Sy wysheid so nodig in ons daaglikse lewe.
– Selfs ons beste keuses bring soms nie die gewenste resultate nie.
– Ons moet by daardie punt in die lewe kom waar ons besef hoe nodig ons God het.
– Hy is die uiterste Gids en die Goeie Herder wat ons die pad sal wys.
Gebed: Vader, ek besef vandag dat al my eie planne en idees nie genoeg is om ‘n sukses te maak van elke dag wat U my gee nie. Ek verstaan hoe broodnodig ek U het om in my lewe in te tree en my te lei na die ‘groen weivelde’ wat U vir my voorberei het. Amen.