Job 22:28 NLV
‘Wat jy besluit om te doen, sal gebeur. Dit sal lig wees op die pad voor jou.’
– Wanneer ons lewens in lyn is met God se weë, kan ons verwag om sukses te behaal.
– Ons kan kies om in harmonie met die Here ons God te lewe.
– Om op hierdie manier te leef, maak die deure van geleenthede in ons lewens oop.
– Dan kan Sy lig kom en ons lewens oorstroom met hoop en vrede.
Gebed: Vader, mag alles wat ek doen en sê, in lyn wees met U doelwitte en planne vir my lewe. Mag ek weet wat dit beteken om in harmonie met U te lewe en mag U lig ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad word. Amen.