Spreuke 14:30
‘n Rustige hart is die lewe vir die vlees,…’
– Ware innerlike vrede kom van vertroue in God.
– Daar is baie goed wat ons van ons vrede wil beroof.
– Ons moet erken wanneer ons vrede gesteel word en dit stopsit.
– Wanneer ons harte rustig is, kan elke ander aspek van ons lewens floreer.
Gebed: Vader, dankie dat ek op U kan vertrou en daarom kan ek U vrede in my hart en lewe geniet. Ek kies vrede bo konflik en rus bo benoudheid. Ek bid dat U my hart vandag met U vrede, sal vul. Amen.