Psalm 27:14
‘Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!’
– Ons kan dikwels baie haastig wees om dinge te sien verander.
– Om te wag dat die Here beweeg, verg dat ons geloof en vertroue in Hom moet hê.
– Ons moet in die wagtyd dapper, sterk en moedig wees.
– Jy sal weer jubel, jy sal weer ‘n rede hê om bly te wees.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek U kan vertrou en op U kan reken. Ek sal geduldig wag terwyl ek op U vertrou. Ek kies geloof bo vrees en hoop bo wanhoop en ek kies om dapper en moedig te wees terwyl ek aan U vashou. Amen.