Spreuke 16:9
‘’n mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.’
– Die lewe draai nie altyd uit soos ons gehoop en beplan het nie.
– Ons word dikwels met onverwagte kwessies langs die pad gekonfronteer.
– Slegs God weet werklik wat die toekoms inhou.
– In hierdie onsekerheid het ons die belofte dat HY ons treë sal rig.
Gebed: Vader, dank U dat U by elke draai in die lewenspad daar is om my te lei en te wys watter rigting om te gaan. Ek bid dat die planne in my hart in lyn sal wees met die treë wat U vir my beplan het. Amen.