Jesaja 51:12
‘ Ek is dit wat julle troos!’
– Die Here wil langs jou kom om jou te vertroos en vas te hou.
– Hy ken jou besorgdheid, jou vrese en jou bekommernisse.
– Sy troos is werklik en tasbaar.
– Moenie aan nood en wanhoop toegee nie, laat Hom Sy arms om jou sit.
Gebed: Vader, ek ontvang vandag U liefde, deernis en vertroosting in my lewe. Dankie dat U gewillig en in staat is om in my lewe in te tree wanneer ander nie in staat is om my te help nie. U kom om elke storm stil te maak en U herstel my siel. Amen.