Psalm 94:14
‘Want die Here sal Sy volk nie verwerp en sal Sy erfdeel nie verlaat nie;’
– Die Here se liefde en trou is iets waarvan jy seker kan wees.
– Selfs in moeilike tye bly Hy aan jou verbind.
– Jy is waardevol en kosbaar vir God en jy is Sy spesiale besitting.
– Jy het ‘n vaste fondasie in God en Hy sal Sy rug nooit op jou draai nie.
Gebed: Vader, dankie dat U my aanvaar as iemand wat in U oë ‘n kosbare besitting is. Dankie dat U my liefhet as iemand wat waardevol is en waardeer word. Selfs wanneer ek twyfel, sal ek myself herinner dat ek veilig in U sorg is. Amen.