Jeremia 31:13
‘Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.’
– Die Here kan enige situasie omdraai.
– Hy weet presies wat om vir ons te gee wanneer ons dit die nodigste het.
– Hy kan die gewig van probleme, laste en droefheid oplig.
– Hy kan droefheid neem en ons vreugde gee en rou neem en ons blydskap gee.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat NIKS te moeilik vir U is nie. Daar is geen uitdaging, geen moeilikheid en geen stryd wat U nie in vreugde, oorwinning en deurbraak kan omskep nie. Ek maak staat op U en U magtige hand in my lewe. Amen.