Psalm 37:23
‘Deur die Here word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg.’
– Die Here wil kom en vir jou die treë wys wat jy moet neem.
– Hy wil hê jy moet met vertroue in Hom, vorentoe kan tree.
– Die Here het ‘n behae in jou en Hy stel belang in elke detail van jou lewe.
– Gee Hom die alleen reg en volg Sy direksie en leiding.
Gebed: Vader, dankie dat U my as ‘n ‘goeie mens’ sien. U het my lief en U sorg vir my, en U wil my lei soos ‘n goeie herder sy skape lei. Ek kies om U te volg en om in die treë te loop wat U vir my beplan het. Amen.