1 Thessalonicense 5:24
‘Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.’
– Jy dien ‘n getroue God – moet nooit daaraan twyfel nie!
– Hy werk aan jou lewe en situasie.
– Jy kan reken op elke belofte wat Hy vir jou gee.
– Uiteindelik sal Hy alles doen wat Hy onderneem het om te doen.
Gebed: Vader, dank U vir U getrouheid teenoor my. Soms kan die lewe ‘n bietjie oorweldigend wees, maar dan herinner ek myself dat U my getroue God is wat Sy verbond vir ‘n duisend geslagte sal hou. Amen.