Jesaja 43:1b
‘ Ek het jou by jou naam geroep; jy is Myne! ‘
– Die Here ken jou by jou naam en Hy sorg vir jou.
– Dit was die Here wat vir jou lewe gegee het en jou deel van Sy ewige plan gemaak het .
– Hy sê vandag vir jou: ‘JY IS MYNE!’
– Moenie vrees nie, Hy het jou in die palm van Sy hand.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U my ken en dat U my naam ken. Dankie vir U kosbare liefde en sorg vir my. Omdat U my liefhet en U my uitverkies het, kan ek vol vertroue en hoop wees. Amen.