Prediker 3:1
‘ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:’
– Die Here ken die tye en seisoene van jou lewe.
– Hy weet wat jy moet hanteer en Hy sal dit laat gebeur.
– Die wonder van seisoene is dat hulle verander.
– Die winterseisoen word deur die lente gevolg en dan kom die somer.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U die tye en seisoene van my lewe beheer. Selfs in die moeilike seisoene bring U doel en nut daaruit. Op U tyd bring U, U plan en U wil vir my lewe tot stand. Amen.