Eksodus 33:22
‘…sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met My hand oordek…’
– Die veiligste plek om te wees is so na aan Hom as moontlik.
– Wanneer moeilikheid kom, sal Hy jou naby Homself wegsteek.
– Al wat jy hoef te doen is om te kies om binne Sy skaduwee te leef.
– Dit is daar waar jy Sy teenwoordigheid sal ervaar en Sy heerlikheid sal sien.
Gebed: Vader, ek vra dat U my sal optel en my in die rotsskeur sal plaas, naby Uself. Mag ek U teenwoordigheid ondervind waar U my elke dag dra en mag ek U heerlikheid in my lewe sien. Amen.