Jeremia 31:11 Afr20
‘Want die Here het Jakob vrygekoop, hom losgekoop uit die hand van een wat sterker is as hy.’
– Soms kom ons voor situasies te staan wat buite ons beheer is.
– Dit kan mense of omstandighede wees wat sterker is as ons.
– Die vyand sal graag wil sien dat jy oorwin en oorweldig word.
– Maar God is magtiger en Hy sal jou red en verlos.
Gebed: Vader, dankie dat U nie wil sien dat my vyande oor my triomfeer nie. U het my geskep om die vryheid, vrede en seën te geniet wat U vir my voorberei het en U sal my ophef sodat ek U goedheid kan sien. Amen.