Filippense 2:13
‘want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.’
– Jy is vir God so waardevol dat Hy Sy aandag in jou belê.
– Hy wil sien dat jy alles word wat Hy bedoel het dat jy moet wees.
– Hy wil jou lewe as ‘n instrument in Sy hand gebruik.
– Moet nooit onderskat wat God in en deur jou kan doen nie!
Gebed: Vader, dankie vir die werk wat U in my hart en siel doen. Maak my, vorm my en gebruik my, sodat ek ‘n seën vir almal om my kan wees. Mag ek doen wat U behaag. Amen.