Exodus 15:6
‘O Here, U regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, O Here, verpletter die vyand.’
– Moet nooit die magtige werkende krag van God in jou lewe onderskat nie.
– Sy ‘regterhand’ is ’n beeld van Sy sterkte, gesag en krag.
– Hy kan groot en magtige dinge doen.
– Hy bring verlossing en oorwinning en Hy vernietig die vyand.
Gebed: Vader, dankie vir U kragtige hand in my lewe. Dit bring vryheid, verlossing en oorwinning. Ek vertrou U vir goddelike ingryping as ‘n teken van U beskermende krag en liefdevolle goedhartigheid teenoor my. Amen.