Johannes 11:6
‘En toe Hy hoor dat hy (Lazarus) siek is, het Hy twee dae vertoef in die plek waar Hy was.’
– Dit kan moeilik wees as daar ‘n vertraging in die antwoorde is waarop ons gehoop het.
– Kom ek herinner jou dat ‘n vertraging nie ‘n “nee”-antwoord is nie.
– Die Here het in Lasarus se situasie, presies geweet wat Hy doen.
– Hy weet wat Hy in jou lewe doen en Hy sal Homself aan jou openbaar.
Gebed: Vader, dankie dat ek op U kan vertrou selfs terwyl ek wag vir U om vir my deur te kom. U tydsberekening is perfek en U ken elke stukkie wat in plek moet val sodat U ‘n wonderwerk in my situasie kan doen. Amen.