Psalm 91:4
‘Hy sal jou dek met Sy vlerke, en onder Sy vleuels sal jy skuil; Sy trou is ‘n skild en pantser.’
– Dit is net by God dat ons die beskerming en toevlug kan vind wat ons nodig het.
– Hy is die Een wat jou sal bedek en jou volkome sal beskerm.
– Jy is veilig in Sy sorg.
– Hy is jou Toevlug, jou veilige plek en jou sterk Toring.
Gebed: Vader, kom in U sterkte en U krag en bedek my met U vleuels. Help my om te verstaan dat U die enigste Een is wat my ‘n vaste fondament en ‘n toevlug bied na Wie ek kan hardloop en beskerming en sekuriteit kan vind. Amen.