Exodus 15:2 (NLV)
‘My krag en my sterkte kom van die Here. Hy gee my die oorwinning.’
– Die Here kan in enige situasie intree en iets wonderlik doen.
– Hy kan ‘n ontsnappingsroete bied en jou deur die uitdaging lei.
– Hy wil jou sterkte en jou lied word.
– Hy wil hê dat jy moet weet wat dit beteken om Sy oorwinning te geniet.
Gebed: Vader, dankie dat niks vir U te moeilik is nie. U kan onmoontlike uitdagings neem en dit in magtige wonderwerke omskep. Ek prys U en ek verklaar dat U my krag, my lied en my oorwinning is. Amen.