Psalm 56:4
‘Die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou.’
– Vrees is deel van die uitdagings wat ons in die lewe moet hanteer.
– Maar in sulke tye kan ons tot God draai en Sy hand vat.
– Die Here het jou so ver gebring en Hy sal jou nie nou laat val nie.
– Vertrou op Hom en vertrou Hom nog meer, Hy is getrou.
Gebed: Vader, ek kies om tot U te draai en my vertroue op U te plaas wanneer vrees my krag wil ondermyn. My krag en hoop is op U. Ek sal vertrou en nie vrees nie. Amen.